Weg! Ry & Sleep

DAAR KOM DIE CRUISER-WURM!

-

Mbizi is een van die gewildste kampplekke by Bela-Bela, maar wanneer meer as 400 Toyota Land Cruisers op dieselfde dag daar toesak, gaan dit nie meer soseer oor kamp nie.

Jaar ná jaar probeer Marius Opperman kyk hoeveel Cruisers hulle op dieselfde dag bymekaar kan bring – en dan kyk hulle hoeveel van dié voertuie hulle op een slag in ’n konvooi kan laat ry. Marius verstaan die logistiek van dié soort groot gebeurteni­s, want hy is onder meer verantwoor­delik vir die kykNET-buite-ekspo’s.

Laasjaar kon hulle daarin slaag om 427 Cruisers bymekaar te kry, en 359 van hulle het in ’n 22 km lange konvooi gery.

Vanjaar het die rekords egter gespat. Cruiser-eienaars wat wou deelneem, moes registreer en dan spesifisee­r met watse Cruiser hulle sou kom. Enige model – van ’n FJ Cruiser, Prado, Cruiser 79-bakkie tot die Cruiser 76 en 200 – is toegelaat. Selfs Lexus-modelle was welkom.

Op dié dag het nie minder nie as 431 Land Cruisers by Mbizi saamgetrek waarvan 415 aan die konvooi deelgeneem het. Dié was 23 km lank en hulle het gemiddeld 30 km/h gery. Nadat die eerste lid van die konvooi weggetrek het, moes die laaste deelnemer 40 minute wag voor hy kon wegspring.

Die Cruiser met die meeste kilometers op die klok was ’n 1975-model FJ45 van Pieter Baninga met ’n verstommen­de 2 600 000 km agter die blad – ja, 2,6 miljoen kilometer! – terwyl Jacques Odendaal die verste afstand na die byeenkoms gery het: 1 567 km van Kuilsrivie­r af.

Kontak Marius Opperman 082 570 5758

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa