CR-V bly koning
Ná die rampspoedige inval in 1961van die Bay of Pigs in Kuba, het die destydse Amerikaanse president, John F. Kennedy, homself baie jammer gekry en verklaar: “Sukses het ’n honderd pa’s, maar mislukking is ’n weeskind.”
Dis eintlik snaaks om te sien hoe mense toustaan om te sê dit was húlle wat verantwoordelik is vir iets fenomenaals... soos die internet. Selfs ’n ou soos Al Gore, wat byna Amerikaanse president geword het, het ámper vaderskap hiervan aanvaar.
Dieselfde geld vir motorvervaardigers wat beweer dis eintlik húlle wat die eerste sportnutsvoertuig 20 of 30 jaar gelede aan die wêreld bekend gestel het. Dis juis die sukses van dié segment – omtrent die enigste een wat deesdae groei – wat al die kamma-pa’s so broeis maak.
Vandag het elke motorvervaardiger, selfs Lamborghini en Bentley, ’n sportnutsvoertuig in sy arsenaal. Al wat egter saak maak, is hoeveel van hulle jy in vandag se stram ekonomie van die hand kan sit, en nié of jy die eerste een in 1989, 1991 of 1995 verkoop het nie.
Dis juis hier waar die vierde geslag van die Honda CR-V die afgelope vier jaar koning gekraai het.
Verkope van 9 miljoen in nie minder nie as 150 lande het aan die CR-V die kroon besorg as die wêreld se gewildste sportnuts.
Dis allermins ’n pronkerige kar, maar hy is betroubaar, veeldoelig, veilig, goedkoop om te onderhou, gebou om lank te hou en sy herverkoopwaarde is tops. Nou is daar ’n splinternuwe vyfde geslag op die mark, en ons het op ’n nat dag in die Kaap gaan kyk of Honda so dom sou wees om aan die wenresep te gaan torring. Hulle het nie...
Buitelangs
Honda se ontwerpers het probeer om van die meer flambojante elemente van die kleiner Honda Civic – dinge soos duidelike kontoerlyne op die enjinkap, geboë hoofligte en hoekige agterligte – by die CR-V aan te bring. Tog maak dit nie van die CR-V ’n hip-hop-kunstenaar nie. Sy voorkoms is steeds besadig: ’n ordentlike lat wat sy hare kam, hemp insteek en sy skoene met Nugget houding gee.
Beskermende plaatbekleding onderaan die sypanele en ’n skuurplaat aan die voor- en agterkant van die motor herhinner jou jy kan wel ’n grondpad of twee met die CR-V ry.
Binnelangs
Dit is hier waar ’n mens kan sien die CR-V is behoorlik modern gemaak. Al is die kar nie noodwendig groter as sy voorganger nie, voel hy danksy die langer asafstand ruimer binne. Beenspasie vir die agterste passasiers het met 9 cm gegroei en daar is meer skouerruimte vir die mense wat voor én agter sit. Die agterste sitplekke slaan nou heeltemal plat, wat die bagasieruimte verdubbel – van 522 ℓ tot 1 084 ℓ.
Die dae van ’n analoë instrumentepaneel is heel duidelik getel, want net soos met soveel ander nuwe modelle word al die belangrikste inligting nou op ’n digitale vertoonskerm agter die stuur gewys. Nog ’n digitale raakskerm in die paneelbord bo die ratkierie beheer die motor se vermaakstelsel. Dit maak maklik maats met jou Apple- of Android-slimfoon, soos dit ’n kar betaam wat jou ’n halfmiljoen uit die sak gaan jaag.
Onder die enjinkap
Honda was eens op ’n tyd net so gekant teen turbo’s soos Romain Poite teen hardlooprugby, maar die wêreld het verander. Nou is daar in die twee topmodelle van die CR-V (die 1.5T Executive en 1.5T Exclusive) ’n 1 498 cc-turboenjin met ’n blikbrein wat bepaal hoeveel krag die deeltydse viertrekstelsel tussen die voor- en die agterwiele moet verdeel. Die enjin, gekoppel aan ’n palwisselratkas (CVT), lewer 140 kW teen 5 600 r.p.m. en wringkrag van >
Sy voorkoms is steeds besadig: ’n ordentlike lat wat sy hare kam, hemp insteek en sy skoene met Nugget houding gee.