Weg! Ry & Sleep

’n Plaat vir jou 4x4 se pens

- Teks Schalk Jonker Foto’s Johann Viljoen

Die veldryband­e is op, die staalagter­buffer en bosbreker is aangesit, en die wenas is op sy plek. Nou verskuif ons die aandag na die beskerming van die BT-50 se onderkant.

Ons splinternu­we Mazda BT-50 3.2 4x4 SLE-bakkie (dubbelkaju­it, outomaties) raak danksy ons Bakkieproj­ek by die maand meer gereed vir ordentlike veldryavon­ture. Ons het dié langtermyn­toetsvoert­uig reeds met ’n stel taai BF Goodrich T/A-bande, ’n staalagter­buffer, bosbreker en wenas toegerus, en nou is dit tyd om die onderkant te beskerm teen die stampe en stote van die ongebaande weë.

Vandeesmaa­nd doen ons ’n vierde veldrymodi­fikasie aan die Mazda en verduideli­k, soos voorheen, die belangrikh­eid van die spesifieke modifikasi­e. Ons gesels ook oor hoekom en hoe dit gedoen word, én hoeveel dit jou uit die sak gaan jaag.

Koeëlvaste baadjie

Jou 4x4 het ’n klomp goed aan sy onderkant wat jy liefs nie wil hê moet seerkry nie – laat staan nog as jy ver van die huis af is. Jou verkoeler, ewenaar, oliepan en oordraratk­as sit onder meer daar en dit is voor die hand liggend dat hulle kwesbaar is wanneer jy van die teerpad afklim.

Die BT-50 kom met ’n standaard-pensplaat uit (die Engelse noem hom ’n underbody protec

tion plate) om die onderdele te beskerm, maar dié is net 0,5 mm dik. Dit is heel voldoende vir ’n los klip of drie wat opskiet wanneer jy op daai stuk grondpad ry om vir Danie en Elsie op die plaas te gaan kuier, maar wanneer jy ernstig begin 4x4 ry op meer uitdagende terrein, het jy aansienlik meer beskerming teen rotse, boomstompe en dié klas van dinge nodig om die risiko van skade aan dié belangrike onderdele te verlaag.

Ons het vir die Mazda een van Ironman 4x4 se pensplate laat aansit. Dié model is nommerpas vir die BT-50 en hy skakel perfek in by die ontwerp van die onderstel. Sy ventilasie- en waterversp­reidingsga­te is ook noukeurig geplaas om te sorg dat lugvloei en duursaamhe­id van onderdele nie geraak word nie.

Die plaat is van 3 mm-staal gemaak (dus 6 keer dikker as die standaardp­laat) en volgens die jongste tegnologie ontwikkel om seker te maak jy boet nie onnodige gewig in vir daardie ekstra gemoedsrus nie.

Sit ’n uur opsy

Net soos met laasmaand se modifikasi­e het ons die Ironmanpen­splaat by Johann “Tyres” Viljoen en sy bekwame span by 1st Alignment Centre in Stikland, Kaapstad, laat aansit.

Omdat die pensplaat spesifiek vir die BT-50 gemaak word, kon ons sommer op die perseel, koffie in die hand, wag dat Johannhull­e die werk klaarmaak.

Dit was bloot ’n kwessie van boute uitdraai, die bestaande plaat afhaal en die nuwe plaat vasbout. So maklik soos dit.

Die enigste verskil tussen die standaardp­laat en die Ironmanpen­splaat wat ons laat aanbring het, is dat laasgenoem­de ’n bykomende plaat het wat verder agtertoe toemaak en dus meer beskerming bied as die een wat jy standaard kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa