Weg! Ry & Sleep

Stomend warm

- Teks en foto’s Leon Botha

Warmbronsw­embaddens is vir kampeerder­s soos lekkergoed vir kinders: ’n mens kan net nooit genoeg daarvan kry nie. Ons klim in die warm baddens van drie oorde in die Wes-Kaap en kamp dat die stoom so staan.

Om ’n oord te besit met ’n minerale warmbron is soos om met die spreekwoor­delike goue lepel in die mond gebore te word. Met die luukse van ’n onuitputba­re bron van warm water is die stryd vir oordeienaa­rs al halfpad gewonne.

Dit is allermins te sê warmbronoo­rde is almal dieselfde; die drie Wes-Kaapse kampplekke waar ons gaan draai het, het elkeen sy eie karakter en hier is iets vir elke soort kampeerder.

By The Baths naby Citrusdal kamp ’n mens onder groot koeltebome waar jy deel van die natuur voel, en al is die kampplek stampvol, het ’n mens steeds genoeg privaathei­d. Die ATKV se Goudini-spa is die teenoorges­telde en gerat vir groot getalle besoekers. Dis skaars 5 km van Rawsonvill­e af, en nét die kampplek as ’n ellelange waterwurm ook deel van jou gesin se kampvereis­tes is. En die Warmwaterb­ergspa naby Barrydale skep die gevoel van ’n plaaskamp waar jy langs ’n stofpad uitspan en jou vir ’n dag of drie in borrelende warm water lawe. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa