Weg! Ry & Sleep

WANNEER MOET EK GAAN?

-

1 Wag tot die watervlakk­e daal

Die noorde van Botswana kry gewoonlik tussen Januarie en Maart – en selfs tot laat in Mei – baie reën, wat moerasagti­ge gebiede soos Khwai in nat jare byna ontoegankl­ik kan maak. Die beste tyd om te gaan is tussen Junie en September, vóór die weer ondraaglik warm word.

2 Vermy skoolvakan­sies

Khwai het ’n paar jaar terug al sy status as “versteekte skat” verloor. Deesdae is die kampplekke in die Suid-Afrikaanse winter- en lenteskool­vakansies stampvol. Bespreek dus vóór of ná die tydperk 22 Junie tot 17 Julie en 28 September tot 9 Oktober 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa