Weg! Ry & Sleep

BEPLAN JOU REIS

-

3 Bly eerder langer

Die versoeking is groot om Moremi, Khwai, Savute én Kasane in tien dae in te prop, maar die werklikhei­d is dat 2-3 nagte in Khwai heeltemal te kort is. Kamp eerder 9-10 dae hier of, indien jy ’n groter verskeiden­heid wil sien, 5 nagte elk in Khwai en Savute. Moremi lyk in elk geval baie soos Khwai en die pad na Kasane is eintlik ’n reuse-ompad.

4 Spaar vroegtydig

’n Staanplek onder een van Khwai se bome gaan jou heelwat meer uit die sak jaag as ’n kolletjie in Satara – begin dus sommer nóú al spaar. SuidAfrika­ners betaal BWP300 (R388) p.p. by Magotho en BWP400 (R517) p.p. by Sable

Alley. As jy tussen Junie en September wil gaan, bespreek sommer vandag al vir volgende jaar.

5 Bespreek só

Stuur e-pos na die Khwai-ontwikkeli­ngstrust by khwai@botsnet. bw of bel 00 267 686 2365. Jy kan een van 15 openbare staanplekk­e by Magotho bespreek of, indien jy heeltemal op jou eie wil wees, vra vir Sable Alley of Matswere – albei is eksklusiew­e staanplekk­e. Kinders van alle ouderdomme is welkom, en hoewel daar nie ’n beperking is op die aantal voertuie nie, word hoogstens 20 mense per staanplek toegelaat.

khwaitrust.co.bw

6 Magotho eerste

As jy by Magotho én by Sable Alley of Matswere wil gaan kamp, begin by Magotho. Hoewel die wildkykgel­eenthede hier puik is, is daar meer verkeer as rondom die twee eksklusiew­e kampe. Beplan jou reis asof dit ’n besoek aan die Kruger is: Begin waar dit gons en eindig waar dit stiller is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa