Weg! Ry & Sleep

WILD VIR AFRIKA!

-

19 Vra die gidse

Van Machaba Camp, Khwai River-lodge en ander kampe in Khwai af behoort jy wildkykvoe­rtuie raak te loop. Stop gerus by hulle en vra die gidse waar die wildehonde hulle welpies wegsteek en waar die leeus laas ’n prooi platgetrek het. Hulle is gewoonlik baie vriendelik en gretig om ’n mens te help. Dit help natuurlik ook om jou vondste met hulle te deel.

20 Olifante

Khwai is bekend vir sy olifante, en die groot bulle is lief daarvoor om laatoggend af te beweeg na die Khwairivie­r toe. Gaan soek hulle ongeveer 2½ km noordwes van Magotho waar ’n wildkykpaa­djie van die rivier af wegdraai. ( GPS S19.101661 E23.852531) Op ’n warm dag drom daar sommer tien van hulle saam in die vlak water.

21 Leeus

Van al die roofdiere is leeus seker die moeilikste om op te spoor in Khwai. Daar is nie ’n dominante trop wat die gebied verdedig nie, maar eerder verskeie troppe wat van tyd tot tyd deur die gebied beweeg. Jy’t die beste kans om hulle te sien as jy stadig langs die Khwairivie­r op en af ry en soek vir ’n trop aan die Moremikant (suid).

22 Luiperds

Luiperds is volop in hierdie geweste, veral in die omgewing van Sable Alley.

Hier is ’n baie rustige wyfie genaamd Matsebe wat lief is vir kameras. Die meeste van haar welpies, waaronder ’n pragtige jong mannetjie, is ook baie rustig en hulle word gereeld deur besoekers in die omgewing opgemerk.

Hou ook jou oë oop vir kolkatte om Magotho – as daar nou één plek is waar jy ’n kans het om ’n luiperd op ’n omgevalle boomstam te sien, is dit hier.

Luister mooi na die waarskuwin­gsroepe van rooibokke, blouapies en tarentale

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa