Weg! Ry & Sleep

SÓ LYK DIE KAMPGERIEW­E

-

Magotho

Magotho bestaan uit vyftien staanplekk­e wat almal ’n paar honderd meter van mekaar af is. Hier is nie elektrisit­eit of enige ander geriewe nie, maar nader aan die natuur kan jy beswaarlik. Groot ou kameeldori­ngbome verskaf hope koelte, en die aangrensen­de Khwairivie­r lok enigiets van raserige gevlekte hiënas tot selfs nuuskierig­e olifantbul­le.

Die plaaslike trop blouape sal ook nie twee keer dink om jou graanvlokk­ies te steel wanneer jy ’n middagslap­ie geniet nie – maak dus maar seker jou kos is diep weggepak wanneer daar niemand is om ’n ogie oor die kamp te hou nie.

Hoewel jy ’n staanplekn­ommer op jou bespreking­svorm kry, is Magotho ’n kampterrei­n waar jy jou eie plekkie kies. As daar reeds iemand op die staanplek op jou bespreking­svorm laer getrek het, hou aan soek tot jy ’n oop staanplek kry wat lekker lyk. Jy móét egter op ’n genommerde staanplek kamp. Roofkampee­rders wat sonder om te bespreek opdaag en sommer onder ’n boom van hulle keuse tent opslaan, gaan dubbel betaal.

Iemand van die Khwai-ontwikkeli­ngstrust ry elke aand deur Magotho om bespreking­s te bevestig; jy hoef dus nie deur te ry Khwai Village toe nie.

Sable Alley en Matswere

Volgens die Khwai-ontwikkeli­ngstrust se webwerf is Sable Alley en Matswere slegs vir geregistre­erde Botswana-safarioper­ateurs en hulle kliënte beskikbaar, maar met ons besoek het een van hulle werknemers bevestig dat enigiemand hierdie twee eksklusiew­e kampies kan bespreek.

Albei lê in ’n hardekoolb­oomwoud wat uitkyk op ’n moeras waar seekoeie en visarende jou teen sonop en sononder vermaak. Hier is ook geen geriewe nie en rondom die kamp ry jy selde in ander selfrytoer­iste vas. Daar is egter ’n paar wildkykvoe­rtuie van die omliggende lodges wat hier kom wild soek.

Water

Jy hoef net drinkwater saam te bring. Stort- en skottelgoe­dwater skep jy sommer uit die rivier of moeras. Maak net seker jy kry ’n kolletjie waar die water vlak en helder is, sodat Oom Krokodil jou nie verras nie. Bring minstens twee leë 20 ℓ-plastiekbo­ttels saam om vol te maak, sowel as ’n 1 ℓ-skepbekert­jie om die proses makliker te maak.

Ablusieger­iewe

Hier is nie eens puttoilett­e by die staanplekk­e nie; dus moet jy alles saambring wat jy nodig het om gerieflik ’n draai te loop. Ons het ’n diep gat gegrawe, ’n staalplaat met ’n gat daarop neergesit, en toe ons toiletstoe­ltjie bo-op gesit. Om privaathei­d en koelte te skep het ons skadunet met pale gespan.

Daar is ook geen amptelike piekniekpl­ekke in die veld nie, wat beteken jy sal tien teen een in ’n stadium agter ’n boom moet gaan hurk. Ry ’n grafie saam en maak ’n punt daarvan om jou toiletpapi­er te verbrand of te begrawe, anders gaan die diere dit orals rondstrooi.

Rommel

Gooi jou rommel in swaardiens­swartsakke en hys dit saans met ’n tou in die boom op sodat hiënas dit nie oopskeur nie.

Lede van die Khwai-ontwikkeli­ngstrust kom nou en dan met ’n bakkie by Magotho verby om vullis op te laai.

Khwai Village

Indien jou meel, tandepasta of deodorant opraak, kan jy deurskiet Khwai Village toe om die sakie reg te stel. Dit is minder as ’n uur se ry suidwes van Magotho. Hier is ’n winkeltjie wat ’n verrassend­e verskeiden­heid kruidenier­sware het, goed soos blikkies bone, ys, Coke en selfs yskoue quart Black Label. GPS S19.165944 E23.750944 Let wel As dit baie nat is, is daar ’n paar diep waterkruis­ings op pad na Khwai Village.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa