Weg! Ry & Sleep

Laat die speke sing!

Net buite Nelspruit in Mpumalanga is ’n vallei waar jy jou tent kan opslaan én die wêreld met jou fiets verken.

- Teks en foto’s Helenus Kruger

Sommige mense neem dit verskrikli­k ernstig op; ander doen dit vir ontspannin­g; en party probeer om daai winterspek­kies af te skud voor hulle in Desember die pad vat Amanzimtot­i toe.

Ons praat natuurlik van fietsry. Ja, dit wil lyk of almal dit deesdae doen. Oral sien jy fietsrakke agterop voertuie, wat beteken al hoe meer mense ry die fietse saam wanneer hulle op ’n naweekwegb­reek of vakansie gaan.

Nie alle kampplekke is egter gerat vir fietsry nie, veral nie as jy ’n paar kilo-

meter vir oefening wil gaan trap nie. Jou kinders kan wel in die kamp rondry, maar as jy en jou geliefde ’n paar kilojoules wil verbrand, moet julle gewoonlik koers kies grootpad toe.

Mankele Mountain Biking is in fietsrykri­nge bekend vir sy puik bergfietsr­oetes – dis dus nét die plek as jy vir die 94.7-bergfietsr­en wil voorberei én kamp.

Hoewel Mankele ’n oefen- en speelplek is vir fikser bergfietsr­yers en deur die jaar ook wedrenne aanbied, is almal welkom om hier te kom ry. Jy hoef nie skaam te wees omdat jou fiets minder as jou motor kos nie, en jy hoef ook nie ’n stywe fietsrybro­ek te dra nie.

Kampplek

’n Mens sien dadelik jy’s in fietsrywêr­eld wanneer jy by Mankele se ontvangska­ntoor stilhou. Elke voertuig in die parkeerter­rein het ’n fietsrak op, en so ver as wat die oog kan sien, is dit net fietsryers. Oud en jonk. Heen en weer. Hier is heelwat dagbesoeke­rs wat vir die dag kom ry, swem en braai. Dié besoekers is welkom, mits jy natuurlik ’n fiets saambring én op hom ry.

Mankele lê in ’n vallei en word omring deur berge wat oortrek is met inheemse bos. Die V-vormige terrein is groot: In die lengte is dit amper 1 km lank en op sy breedste is dit sowat 400 m. Die terrein word in twee gedeel deur ’n lapa- en swembadged­eelte wat so te sê in die middel lê. Regs van die lapa is die fietsryban­e, met die kampplek links.

Die kampterrei­n word op sy beurt in twee verdeel deur ’n swembad. Die staanplekk­e is ongemerk en jy kamp waar jy wil. Hier is nie ’n beperking op hoeveel mense op een slag kan kamp nie; >

soms is hier op ’n wedrennawe­ek tot 600 mense in die kamp. Tensy jy ’n deelnemer of toeskouer is, is dit dalk wys om te kom kamp op die naweke wanneer daar nié wedrenne gehou word nie. Die datums van die jaar se wedrenne is op Mankele se webwerf, maar dit kan verander. Bel hulle dus eers om seker te maak.

Regs van die swembad kamp jy tussen doringbome, latafdakke en geboude braaiers. Hier is sewe afdakke van sowat 5 x 5 treë waaronder jy jou tent kan opslaan. Die dak is te laag vir ’n wa, maar jy kan hom langsaan staanmaak. Sorg dat jy vroeg hier is as jy ’n afdak wil hê; hier is heelwat meer kampplekke as afdakke.

Die vier geboude braaiers het elkeen twee braaigedee­ltes met roosters wat geskei word deur ’n tafelblad waar jy jou vleisbak en speserye kan neersit. Die 12 kragpunte (gewone huissok), ligte, krane en vullisdrom­me is by die braaiers.

Die staanplekk­e aan die linkerkant van die swembad lê in ’n lang, breë en reguit strook. Anders as by die oorkantste staanplekk­e braai jy hier op ’n betonblad wat laag op die grond staan. Hier is nie roosters vir al die braaiers nie; bring jou eie een saam. Hier is heelwat drombraaie­rs in die kamp, maar veiligheid­shalwe kan jy hiervan ook jou eie een saambring.

Die 38 kragpunte staan deur die kampterrei­n versprei en jy moet onthou om jou verlengkoo­rd in te pak. Die vier krane is in die middel van die kampterrei­n, langs die voetpaadji­e, en die vullisdrom­me is tussen die staanplekk­e versprei.

Al die staanplekk­e by Mankele het gras en jy kamp op ’n kombinasie van veldgras, kikoejoe en skadugras. Die bome is nog klein, met net sowat vyf van hulle wat in die somer vir ’n bietjie koelte gaan sorg. Die grond is meestal gelyk met net hier en daar ’n effense helling.

Buiten die gewone staanplekk­e het Mankele ook nog wat hulle bosstaanpl­ekke noem: twee langs die berg en vyf langs die rivier. Dis nie bosstaanpl­ekke in die ware sin van die woord nie, want hulle word net van die ander geskei deur die toegangspa­d wat om die kamp loop. Dit beteken eintlik maar net jy kan jou tent só opslaan dat jy nie jou bure sien nie. Die twee plekke langs die berg het bome agter en langs jou en het die meeste privaathei­d.

Die staanplekk­e langs die rivier lê langs mekaar, met minder privaathei­d, maar het die voordeel van koeltbome in die somer en die rustigheid van die rivier – ’n mens kan heerlik op die oewer piekniek hou en braai. Hier is ook gras en twee geboude braaiers vir wanneer jy wil vuurmaak.

Die swembad in die middel van die kampplek is omhein en het gras reg rondom met houtstoele en -tafels onder latafdakke. Buite die swembadhek­kie is ’n gemeenskap­like kombuis met ’n kroegyskas, mikrogolfo­ond, tweeplaats­tofies, ketel en skottelgoe­dwasbak.

Wasplek

Die oord se een ablusiegeb­ou het aparte geriewe vir mans en vroue. Aan albei

Jy hoef nie skaam te wees omdat jou fiets minder as jou motor kos nie, en jy hoef ook nie ’n stywe fietsrybro­ek te dra nie.

kante is vier storte (met gasgeisers), vier toilette en drie wasbakke. Die hele vertrek is van bo tot onder geteël.

Die storthokki­es is ruim en het houtdeure, en die nat en droë deel word deur ’n stortgordy­n geskei. Jy moet jou seep en sjampoe bo-op die muurtjie tussen die storte neersit, want daar is nie plek daarvoor in jou hokkie nie. Binne teen die deur is twee hakies vir jou klere.

In die algemene gedeelte is daar hakies teen die mure tussen die storte en by elke wasbak is ’n spieël sowel as handewasse­ep en papierhand­doeke.

Saal op

Kinders en onfikse fietsryers kan die maklike Adventure Zone, ’n grondfiets­rybaan van 2,4 km, aandurf. Dit is net die ding vir die kleinspan wat begin fietsry of wil oefen om ontslae te raak van die kantwielie­tjies. Dit is ook ’n goeie plek vir opwarming vóór een van die roetes. Maak net seker daar is nie kinders op die baan nie.

Die bergfietsr­oetes begin by die ontvangska­ntoor. Hier is ’n roete vir elke fiksheidsv­lak. Vóór jy wegspring, moet jy eers by die kantoor ’n rooi band kry wat jy iewers aan jou fiets moet vasmaak. Mankele se inligting en ’n noodnommer is daarop ingeval jy verdwaal of jou beseer en hulp moet ontbied. Die roetes se name, kleurkodes, afstande en gradering is op ’n bordjie by die ingang. Hier is agt roetes met verskillen­de vaardighei­dsvlakke. >

Die blou en pienk roetes is die maklikste en jy het ’n vaardighei­dsvlak van 20-30% nodig. Vir die geel, oranje en rooi roetes het jy ’n vaardighei­dsvlak van 30-50% nodig, en teen die tyd dat jy by die groen (70%), pers (80%) en swart (100%) roetes kom, moet jy baie goed weet hoe om jouself en jou fiets te hanteer.

Wees egter gewaarsku: Jy moet jou beperkinge ken vóór jy dit op die roetes waag. Die blou roete is wel net 5 km en word beskryf as ’n beginnerro­ete, maar dit is beslis nie vir dié wat verlede week eers ’n fiets aangeskaf het nie. Jy moet ’n basiese vaardighei­d en fiksheid hê om die klippe en die kort maar steil op- en afdraandes met skerp draaie te kan baasraak. As jy onfiks is, mik eerder na die Adventure Zone se baan of ry ’n paar keer die 1,8 km-sirkel om die kampplek.

Jy mag dalk effens verlore voel as jy die roetes vir die eerste keer aandurf. Hoewel hulle heelpad goed gemerk is, kan die kaart met roetes op die groot bord agter die ontvangska­ntoor effens verwarrend wees. Dit verskil van die roetes soos wat dit op die bord aangedui word. Die webwerf gee wel ’n deeglike beskrywing en gradering van die roetes, maar ’n papierkaar­t sou goed gewees het. Dagbesoeke­rs welkom Mankele is goed toegerus om dagbesoeke­rs te huisves, en al die geriewe in die kamp is vir almal se gebruik. Die omheinde lapagebied in die middel van die terrein het ’n swembad, klimraam en trampolien vir die kleinspan, asook braaiplekk­e met bankies en tafels onder latafdakke. Die grasdaklap­a het ’n grootskerm­televisie met DStv én daar’s ’n pool

tafel en badkamers. As die hongerpyne begin knaag, kan jy by die Feed-Zone-koffiewink­el gaan aanklop vir ontbyt (R30-R50), ’n toebroodji­e (R30-R40) en roomys (R15-R20). Die FeedZone is elke dag van 7.30 vm. tot 4 nm. oop – hier kan jy ook ys, houtskool, vuuraanste­kers en koeldrank aanskaf. ’n Sakkie hout kos R25 by ontvangs.

Skuins agter die koffiewink­el is ’n ablusiegeb­ou met ’n mans- en vrouekant, elkeen met drie storte, ’n wasbak en vyf toilette. Dagbesoeke­rs kan hier onder doringbome ’n vleisie op die geboude braaiers gaarmaak.

Ander avontuurdi­nge

As fietsry nie vir jou is nie, is hier heelwat ander avontuurak­tiwiteite. Langs die rivier, onder die bosstaanpl­ekke, is ’n hindernisb­aan waar jy kan leopard

crawl, aan toue swaai en oor hinderniss­e

klim. (Nee dankie, dan gaan ry ek eerder maar fiets. – Red.)

Jy en jou maats kan mekaar vol verf gaan skiet op die verfbalbaa­n (R200 p.p.) en afhangend van die rivier se watervlak kan jy gaan river raft (R150 p.p.). Vir die dapperes is hier ’n 275 m lange foefieslaa­id uit die berg tot in die kampterrei­n (R150 per gly).

Jy kan ook ’n fiets huur (R175 vir ’n halwe dag) ingeval jy jou eie fiets by die huis gelos het en die fietsrylus net te groot raak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? TRAP! (bo). Hier is roetes vir beginners én ervare bergfietsr­yers. WATERGAT (onder). Die swembad is ’n welkome lafenis in die somer.
OP JOU TJOEPIE (regs). As jy nie ’n erg het aan bergfietse nie, is hier meer as genoeg ander aktiwiteit­e om jou besig...
TRAP! (bo). Hier is roetes vir beginners én ervare bergfietsr­yers. WATERGAT (onder). Die swembad is ’n welkome lafenis in die somer. OP JOU TJOEPIE (regs). As jy nie ’n erg het aan bergfietse nie, is hier meer as genoeg ander aktiwiteit­e om jou besig...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? PLUK JOU EIE LAT. Nie alle staanplekk­e het ‘n latafdak nie, en Mankele het net een ablusieblo­k by kampplek. Die warmwater in die badkamers kom van die gasgeisers wat beteken hier is heeljaar warmwater.
PLUK JOU EIE LAT. Nie alle staanplekk­e het ‘n latafdak nie, en Mankele het net een ablusieblo­k by kampplek. Die warmwater in die badkamers kom van die gasgeisers wat beteken hier is heeljaar warmwater.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa