Weg! Ry & Sleep

Wanner het die kampgogga gebyt?

Is ons liefde vir kamp geneties? Of is dit ’n aangeleerd­e ding wat van die een geslag na die volgende oorgedra word? Leon Dillman van Pretoria het deur sy familiefot­o’s gaan rondsnuffe­l om te sien wie eerste deur die kampgogga gebyt is.

-

Hy sit anderdag vir sy Sprite Swift en kyk en begin toe wonder hoekom hy so baie van kamp hou. “Ons gaan kamp minstens vyf keer per jaar as ons die kans kry,” vertel Leon oor sy gesinsvaka­nsies saam met sy vrou, Elmi, en hulle kinders, Ruben (12) en Cara-Lee (10).

“Dit voel soos ’n ingebore ding, en ek kan dit aan my kinders ook sien. Dis asof hulle verstaan die enigste regte vakansie gaan gepaard met ’n tent of ’n woonwa. Daar is nou maar net eenmaal ’n verskil tussen ’n kampvakans­ie en wanneer mense in ’n chalet bly, veral as jy met kinders vakansie hou. Met kamp is daar net so baie vir hulle om te doen – jy sien hulle amper nooit nie. Maar as jy in ’n chalet is, is dit jou verantwoor­delikheid om die kinders besig te hou.

“Ek glo die nageslag van enigiemand wat as kind die genot van kamp beleef het, sal vir altyd aanhou kamp. Dalk is dit geneties, of dalk is dit iets wat ’n mens aan jou nasate oordra.

“Met dít in gedagte het ek toe ’n bietjie deur ons ou familiefot­o’s gaan soek om te probeer vasstel hoe lank gelede die Dillmans begin kamp het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa