Weg! Ry & Sleep

Mosambiek toe!

Mosambiek is ’n droombeste­mming, al is daar mense wat glo dis gevaarlik en jy sukkel om basiese dinge in die hande te kry. Dis nie naastenby so erg nie, sê Lambert Badenhorst van Mooketsi in Limpopo.

- Kontak 00 258 86 388 9102; morrungulo.resort@gmail.com; morrungulo.com GPS S23.232087 E35.491751

As ’n mens eers jou tone in die sand van die spierwit strande gewikkel, in die warm waters van die Indiese Oseaan gaan swem, aan vars vis en kreef weggelê en ’n yskoue Laurentina Preta afgesluk het, kan jy nie vinnig genoeg terugkom Mosambiek toe nie. Ek, my vrou, Mardene, en ons kinders, Lané (15), Du Toit (9) en Nuelle (5) was al een keer vantevore hier, maar met ons laaste besoek, in Julie vanjaar, het ons vir die eerste keer gekamp in ons Jurgens Xplorer. Dit was ’n ongeloofli­ke ervaring.

Waar het julle gekamp?

Ons het 15 nagte by die gewilde Morrungulo-strandoord, 150 km noord van Inhambane, gaan uitspan. Dit is sowat 650 km van die Giriyondo-grenspos af. Hier kamp jy in die skadu van welige koeltebome langs die lang, wit strande en ’n helderblou see. James en Barbara Nelson besit die oord en maak ’n punt daarvan om jou te laat ontspan en na jou behoeftes om te sien. Ek kan eerlikwaar sê jy kom niks kort nie. Jy kamp op gras met genoeg kragpunte om jou yskassie aan die gang te hou. Die ablusieger­iewe is uit die boonste rak en jy het sterk warm water.

Waarmee het julle tot hier gesleep?

Ons het met my Volkswagen Amarok gesleep. Hy het net ’n ewenaarslo­t, maar dit was meer as voldoene. Trouens, jy kan omtrent enige bekende oord in Mosambiek met ’n Toyota Tazz bereik, hoewel jy een of ander tyd ’n stukkie sand of dalk ’n slegte grondpad gaan teëkom. Die meeste van die tyd is dit in die oord waar jy gaan bly. Na my mening is ’n ewenaarslo­t meer as voldoende om oor die weg te kom.

Watter voorbereid­ing het julle getref vir die reis?

Hoewel ons dié slag op ons eie gereis het, kan ek voornemend­e besoekers sterk aanraai om by die Facebook-groep DriveMoz aan te sluit. Hier kry ’n mens raad oor reisdokume­nte en ander noodsaakli­ke inligting én jy kan ander reisigers vind wat in ’n konvooi saam met jou sal ry. Dit maak dinge heelwat makliker.

Hoe lyk die paaie?

Die meeste paaie na gewilde bestemming­s soos Xai-Xai, Bilene, Guinjata, Inhambane en Morrungulu is in ’n goeie toestand, maar moenie verbaas wees as jy ’n slaggat of drie teëkom nie. Verkeersbe­amptes dra wit hemde. Wees vriendelik en groet hulle verkieslik in Portugees as jy voorgekeer word. Ek is al verskeie kere afgetrek en is nog nooit met ’n aggressiew­e houding begroet nie. Mosambiek het ongeloofli­k baie voetganger­s. Wees baie versigtig, hou by die spoedgrens (dit is nêrens vinniger as 100 km/h nie) en probeer om nie in die aand te reis nie.

Wat van kos en brandstof?

Jy mag ’n bietjie vleis en kruidenier­sware saamneem, maar elke dorpie het ’n winkel wat vars brood, suiwelprod­ukte en vars groente verkoop. Hier is ook kleinhande­laars soos Shoprite. Omtrent elke dorp het ’n vulstasie waar jy met jou bankkaart kan betaal. Wees op die uitkyk vir ’n Petromac, wat die meeste van die tyd ook skoon toilette het. Onthou, jy kry nie 50 ppm-diesel in Mosambiek nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa