Weg! Ry & Sleep

Lekker eenvoudig vir die bos

-

Die George-boorling Hannes Uys is bekend vir die boswaens wat hy op sy tuisdorp bou, maar nou het sy eerste boswoonwa die lig gesien.

Die nuwe wa het dieselfde gene as Hannes se boswaens, waar die onderstel en raamwerk van staal is en met aluminiump­laat oorgetrek is.

Eenvoudige­r kan die Bateleur-boswoonwa skaars wees. Dis niks meer as ’n vierkantig­e boks op wiele nie. Maar met die slim uitleg het Hannes hom oortref.

Die dubbelbed slaan uit die regterpane­el en die buitekombu­is beslaan die hele linkerkant van die wa.

Op die disselboom staan ’n tamaai neuskas, en soos wat ’n mens al hoe meer op waens sien, sit die wa se deur aan die agterkant.

Ons het die Bateleur gehaak en ’n week lank ’n volle 1 500 km deur die Wes-Kaap gereis en heerlik gekamp. >

As jy in die mark is vir ’n ligte dog stewige boswoonwa vir twee, is die nuwe Bateleur vir jou. Teks en foto’s Leon Botha

 ??  ?? BATELEUR-BOSWOONWA
BATELEUR-BOSWOONWA
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa