Weg! Ry & Sleep

Trap vas!

-

Omdat die Bateleur so basies is, het hy nie die domkragsoo­rt hoekstutte nie.

Op elke hoek is wel ’n ronde poot wat jy laat sak en dan vasdraai wanneer dit die grond bereik – met dié soort pote kan ’n mens die wa ook stewig laat staan. Gebruik die neuswiel se slinger en verstel die hoogte van die koppelstuk tot die wa waterpas staan.

Terloops, daar’s ’n waterpassi­e op die koppelstuk waar jy kan sien wanneer die wa gelyk staan as jy die slinger draai. Sodra die wa in lyn is, laat sak jy die neus so 5 cm, draai die agterste twee pote los en laat sak hulle dan tot op die grond. Draai hulle vas en lig die neus so 2-3 cm hoër as die waterpasme­rk. Laat sak nou die voorste pote en maak hulle vas; en gee laastens skiet met die neuswiel. Afhangend van hoe stewig die grond onder die wa is, behoort hy stewig op die hoekstutte te rus.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa