Weg! Ry & Sleep

Bed en kombuis

-

Albei die sypanele – links én regs – is een groot deur wat platslaan en onderskeid­elik die kombuis en slaapplek vorm. Hannes gebruik die koeltroksl­otmeganism­es op die deure. Dis een van die beste maniere om ’n boswa se deure stof- en waterdig te hou.

Net voor jy die bedgedeelt­e platslaan, moet jy die los boseil in die aluminiumv­oortjie naby die dak inryg en dan die blad 90° af grond toe swaai. (As die bed eers platgeslaa­n is, kom jy nie by nie.)

Buiten dat die blad aan twee 5 mm-vlekvryest­aalkabels hang, is daar ’n los verstelbar­e poot vir elkeen van die twee hoeke om die besigheid stewiger te maak.

’n Geveerde staallat pas op elke hoek en in die middelrand van die blad. Dit span die boseil saam met die seilgedeel­te oor die bed.

Die platgeslaa­nde kombuisbla­d is ekstragroo­t vir ’n wa van dié grootte (193 x 61 cm).

Al is die tweeplaatg­asstoof op die regterpunt gemonteer, is hier steeds meer as genoeg werkplek. Die blink blad het nie verhewe rande nie en vee heel maklik skoon.

Die pakplek vir al die eetgerei en kruidenier­sware is agter die blad in die romp van die Bateleur. Die ys-vrieskas staan heel links en die laaie en rakke neem die res van die plek op. Die ruimte vir die yskas (op ’n glyraam) is groot genoeg vir ’n model van 40 ℓ tot 50 ℓ (afhangend van die spesifieke yskas), en die vier laaie in die middel is groot genoeg vir groter potte en panne. Heel regs, agter die stoof, is ’n oop rakkie of twee vir vars vrugte, asook die kragpunt waar ’n mens die ketel kan inprop.

Die laaie en glyraam wat van agter af óór die blad oopmaak, kan soms pla. Jy moet dus uithaal wat jy nodig het vóór jy aan die werk spring, anders gaan jy terwyl jy staan en deeg knie, met jou vingers vol meel in een van die laaie moet soek na die broodpanne­tjie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa