Weg! Ry & Sleep

Agter by die voordeur

-

Al is die Bateleur klein vir ’n boswoonwa, het hy een van die grootste deure wat ’n mens op so ’n wa sal sien (68 cm breed). ’n Trap wat effens breër is as die deur, swaai af sodat die deur kan oop.

’n Mens sien dié soort trap by sommige ander vervaardig­ers, maar dis so nuttig en prakties ’n mens verstaan nie hoekom dit nie méér algemeen is nie. Omdat die trap voor die deur van die Bateleur opslaan, gee dit ook ekstra gemoedsrus, want met die trap voor die deur is daar geen moontlikhe­id dat die deur in die sleep kan oopswaai nie.

’n Jerrykan is weerskante van die deur teen die romp vasge- sit, en die gasbottel staan onder die linkerkant­se een.

Die deur het ’n ogie vir die haak wat dit oophou, ingeval die wind waai.

Dis ook wanneer ’n mens die deur oopmaak dat jy een van Hannes se slim planne sien: Aan die Bateleur-deur se binnekant is ’n groot seil sak met ’n rits – dit lyk amper soos daardie draagbare reissakke waarin sakemense ’n pak klere van die een plek na die ander karwei.

As jy vir jou eie koelte rondom die wa moet sorg, vou ’n 270°-afdak van die kombuiskan­t af tot oor die agterdeur. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa