Weg! Ry & Sleep

Grote snoet

-

Al is die ontwerp en uitleg van boswaens taamlik standaard, sien ’n mens tog ’n groot verskeiden­heid idees as dit kom by die neuskas.

Afhangend van jou voorkeur, is een van die meer praktiese uitvindsel­s ’n kas op die disselboom met ’n deur aan elke kant.

Hannes verkies wel die kistipe, en waar die romp van die wa met aluminiump­laat oorgetrek is, bestaan die hele neuskas uit veselglas. Dit staan op die A-raam en het ’n deksel wat oplig.

Dis hier waar Hannes ook wys hoe belangrik genoeg pakplek vir hom is.

Die kas is meer as ruim vir ’n wa van dié grootte, en dis net die plek vir al die los kampgoed wat moet saam.

Op die langste kante is die afmetings 110 x 68 cm en daar’s plek vir al die spaarpenne en toue regdeur tot die grondseil en handbyl.

Die kragsok vir die koord tussen die Bateleur en die kampplek se kragpunt is in die linkerkant by die deksel van die neuskas gemonteer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa