Weg! Ry & Sleep

Die binnesaal

-

Die Bateleur se binnegedee­lte is van die deur tot by die neus ’n oop ruimte met oorgenoeg plek vir twee mense. Dié ruimte kom handig te pas as jy pakplek nodig kry vir bonkige goed terwyl jy sleep. Ons het sonder sukkel drie bergfietse ingepak sonder om dit uitmekaar te haal – én dan ook ’n koepeltent.

Omdat die vaste regop panele van die romp taamlik hoog staan (2,2 m), lig die opwipdak net 37 cm vir genoeg kopruimte binne-in. Dit beteken wel die romp staan betreklik hoog – hy vang dus taamlik wind as die sleepvoert­uig laer is as ’n minibussie.

Onder teen die linkerpane­el is seilsakkie­s vir pakplek, en bo dit kaste vir jou klere – dié is agter twee seilflappe wat toerits. Op die punt, by die neus, is nog kaste met seildeure waarvan die regterkant­se een groot genoeg is vir ’n kassettoil­et. Die bokant van dié kas is ook die bedkassie; die blad is 55 x 46 cm.

Die battery met sy laaier staan in die boonste kas, en bo-op is nog pakplek vir ’n kombers of twee wat ’n mens later die nag kan bykom. ’n Dubbele 220 V-prop sit ook langs die kas as jy ’n selfoonlaa­ier of haardroër in die wa wil gebruik.

’n Mens slaap in die lengte van die wa op die dubbelbed (195 x 135 cm), wat beteken iemand slaap langs die vloergedee­lte en die ander een op die verste kant van die bed. Dit kan lastig wees as diékant se slaper eerste moet opstaan.

Die bed is (saam met die matras) ’n gemaklike hoogte (48 cm) bo die vloer as jy wil sit en skoenveter­s vasmaak. Onder die rand van die matras, teenaan die vloerspasi­e, is nog ’n kassie of twee as jy nog pakplek sou nodig kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa