Weg! Ry & Sleep

SONDAGHOEN­DER

Vir die pot

-

Hierdie sappige hoender maak jy in ’n platboompo­t met ’n klompie kole op die deksel. Jy benodig (genoeg vir 6) 1 groot ui 4 wortels 3 selderyste­le 5 vet knoffelhui­sies 1 heel hoender van 2,5 kg 1 eetlepel dijonmoste­rd 1 eetlepel droë origanum sout en gemaalde swartpeper na smaak 2 eetlepels botter 2 clementine­s of nartjies (deesdae “soft citrus”) Só maak jy

1 Sny die ui, wortels, seldery en knoffel in groot stukke en stop die hoender met soveel as moontlik daarvan. Vryf nou die hoender in met die mosterd, origanum, sout en peper, en botter.

2 Gooi die groente wat oorgebly het, onderin ’n platboompo­t en sit die hoender bo-op. Sit die pot oor matige kole – dit moet effens koeler wees as wanneer jy normaalweg hoender braai, want jy wil dit stadig gaarmaak en nie die groente brand nie. As jy jou hand sowat 10 tellings oor die hitte kan hou, is dit die regte hitte. Sit ’n klompie kole op die pot se deksel.

3 Los die pot nou nét daar vir 3-4 uur. Jy mag ná 2 uur loer en ’n paar kole bysit, indien nodig. Die hoender behoort van die been af te val. Druk die nartjiesap in die pot uit en skep op.

Weg Ry & Sleep sê Die hoender kan op dieselfde manier in ’n oond of ketelbraai teen 155 ºC gebak word (ook in die platboompo­t).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa