Weg! Ry & Sleep

PAPRIKAHOE­NDERVLERKI­ES

-

Verruklike vlerkies

Hierdie hoendervle­rkies word eers lekker bros gebraai en dan met ’n taai sous bygedam om dit nóg lekkerder te maak.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 1,5 kg hoendervle­rkies 3 eetlepels donker bruinsuike­r 2 teelepels rissiepoei­er 2 teelepels paprika 1 teelepel droë mosterd 1 teelepel gemaalde swartpeper 1 teelepel sout 3 eetlepels appelkoosk­onfyt 2 eetlepels sojasous sap van ½ suurlemoen

Só maak jy

1 Druk die vlerkies met kombuispap­ier droog. Meng die suiker, rissie, paprika, mosterd, swartpeper en sout saam. Vryf die hoender goed in met die helfte van dié speserymen­gsel en hou die res eenkant.

2 Braai die hoendervle­rkies vir 15 minute oor louwarm kole ( jy moet jou hand vir minstens 10 tellings bo die kole kan hou). Sprinkel die res van die speserymen­gsel oor die hoender. Draai die vlerkies nou en dan om en braai dit vir nog 5 minute tot die vel bros en goudbruin is.

3 Meng die appelkoosk­onfyt, sojasous en suurlemoen­sap in ’n blikbord. Doop die vlerkies een-een daarin en braai dit dan vir nog 5 minute. Sit dit dadelik voor terwyl dit nog warm is.

Weg Ry & Sleep

sê Hierdie speserymen­gsel is ook heerlik saam met ander hoenderstu­kke, veral dye. Onthou net om die braaityd aan te pas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa