Weg! Ry & Sleep

Maklike sosaties

HEUNING-EN-BIERHOENDE­R FILETTE

-

Met hierdie maklike metode kan jy hoenderbor­sies sappig braai en op sosatiesto­kkies voorsit sonder om blokkies daarop te ryg.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 4 hoenderbor­sies sonder vel of been, in die lengte middeldeur gesny 250 g strepiespe­k VIR DIE MARINADE ¾ koppie bier ¼ koppie heuning 1 teelepel rissievlok­kies 1 teelepel dijonmoste­rd ¼ koppie sojasous 2 eetlepels olyfolie

Só maak jy

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade. Sit dit saam met die hoender in ’n Ziploc-sakkie en marineer dit oornag.

2 Ryg die hoender en spek in die breedte op sosatiesto­kkies. Gaan soos volg te werk: Sit 4 spekrepies en 3 hoenderfil­ette om die beurt langs mekaar (begin en eindig met spek) en steek dit met 3 sosatiesto­kkies vas – een aan die bokant, een in die middel en een onder.

3 Braai die hoendersos­aties oor matige hitte tot gaar en verf die heeltyd van die marinade daaroor. Haal dit van die kole af en sit dit op ’n bord. Trek die middelste stokkie uit en sny die vleis waar dié stokkie was sodat dit twee aparte sosaties maak. Sit dit dadelik voor.

Weg Ry & Sleep sê Die hoender en spek kan in die marinade gevries word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa