Weg! Ry & Sleep

IN ’N JAPTRAP

Jy gaan ver moet soek vir iemand wat dit verkies om ná donker ’n tent op te slaan. Vir die meeste van ons is dit maar ’n pyn in die agterstewe. Daarom kyk ons vandeesmaa­nd na 7 tente wat jy sonder moeite opslaan.

- Teks Kyle Kock Foto’s James Garaghty

Dis iets wat ’n mens al hoe meer in die kampterrei­n sien: Jou kampbure hou stil, haal ’n seilgedoen­te uit sy sak en oomblikke later spring dit oop... en daar staan die tent. Kom ons wees nou maar eerlik, daar is nie baie van ons wat dit ná ’n lang rit geniet om te sukkel met pale, penne en toue om ons tent staan te maak nie.

Ons het gaan soek na bekostigba­re tente wat in ’n japtrap opslaan en relatief bekostigba­ar en bekombaar is in die plaaslike mark. Hulle wissel van ’n R500model waarin een mens gemaklik kan kamp of slaap, tot een wat R2 400 kos met genoeg plek vir vier mense. En almal van hulle slaan binne oomblikke op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa