Weg! Ry & Sleep

Klein kasteel

-

As jy saam met jou kinders kamp, gaan dit nie honderd jaar wees voor die kleingoed ook begin vra wanneer kry hulle hulle eie tente soos die grootmense nie. Ons is nie hier om daardie ywer te blus nie.

Die beste ding van dié kindertent van K-Way is dat hy opgevou só kompak is dat jy hom oral kan saamneem sonder dat hy in die pad is. En as jy nog nie gemaklik is met die gedagte van kinders wat in hulle eie tent slaap nie, kan jou dogtertjie of seuntjie dit as ’n kasteel of bendehuis gebruik. Jy gooi hom net in die lug en die ontwerp sorg vir die res.

Afmetings 2 100 x 1 000 x 800 mm

Prys R599 by Cape Union Mart.

Weg Ry & Sleep sê Die kleintjies gaan vir ure besig bly met dié tent. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa