Weg! Ry & Sleep

Perfekte paartjie

-

Dié model van Cape Union Mart het danksy sy unieke vorm meer plek. Hy word van dieselfde materiaal vervaardig as sy kleiner boetie, maar spog met baie meer ruimte. As dit moet – en jy kamp nie saam met Vaatjie en Tiny nie – kan drie mense knus langs mekaar slaap. En as jy vergeet het om jou wederhelf se gunsteling­wyn te pak, is daar genoeg plek dat sy ’n entjie van jou af kan lê. Hy slaan nie so maklik op nie, maar dit raak beter as jy hom eers een keer baasgeraak het.

Afmetings 2 700 x 1 800 x 1 100 mm

Prys R1 299 by Cape Union Mart.

Weg Ry & Sleep sê Hy kos net ’n paar skille meer as die kleiner model, en die ekstra ruimte maak dit elke sent werd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa