Weg! Ry & Sleep

Groter en beter

-

Dié middelslag­tent van Highlander gaan jou effens meer uit die sak jag as die kleiner model, maar hy slaan ook vinniger op. Dis nie ’n baie groot tent nie en jy gaan waarskynli­k gemakliker wees as jy op jou eie kamp. Tog kan twee kleinerige mense langs mekaar in hom lê.

Sy poliësters­eil het ’n waterdigte poliëtilee­nlaag, en sy raamwerk is van veselglas. Hy weeg maar 2 kg, wat beteken jy kan hom maklik kry waar jy hom wil hê. Hy het ook voldoende ventilasie­openinge om te keer dat dit te bedompig raak.

Afmetings 2 250 x 1 200 x 1 100 mm

Prys R795 by Camp and Climb.

Weg Ry & Sleep sê Hy skiet oop sodra jy hom uit die sak haal – jy kap net die tentpenne vas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa