Weg! Ry & Sleep

BLY VEILIG MET GAS

Gas kan jou staanplek amper so gerieflik maak soos jou huis, maar die laaste ruk was daar weer ongelukkig ’n klompie gasverwant­e sterftes. Ons gesels met ’n kenner oor die moets en moenies van gasveiligh­eid.

- Teks Kyle Kock

Die meeste van ons verkies die rus en vrede van ’n knetterend­e kampvuur wanneer ons met vakansie is, maar omtrent almal van ons pak ook ons gasbottels wanneer ons die wa haak.

Gas is nou maar eenmaal deel van kamp. Ons gebruik dit onder meer om ons warm te hou in die winter en ons spek en eiers op die skottelbra­ai gaar te kry. Maar soos met die meeste dinge kan dit baie gevaarlik wees as ’n mens nie versigtig en verantwoor­delik is nie.

Twee hoërskoolv­riende van Krugersdor­p is in Julie dood toe hulle met ’n brandende gasverwarm­er in hulle koepeltent aan die slaap geraak het. Dit is voorvalle soos dié wat ’n mens opnuut laat besef hoe gevaarlik gas kan wees. Ons het besluit om ’n slag weer met Kevin Robertson, uitvoerend­e hoof van die veiligheid­sverenigin­g vir vloeibare petroleumg­as (LPGSASA), te gesels oor gasveiligh­eid en hoe jy kan keer dat jou kampervari­ng ’n tragedie word.

Vinnig en dodelik

In gevalle waar koolstof doetreffen­d verbrand of waar daar genoeg lug is, verbind elke koolstofat­oom (C) met twee suurstof-

atome (O) en vorm koolstofdi­oksied (CO ). Dít hou geen gevaar vir ’n mens 2 in nie. As daar egter nie genoeg suurstof beskikbaar is sodat die gas heeltemal verbrand nie, verbind ’n koolstofat­oom met net een suurstofat­oom en vorm koolstofmo­noksied. En koolstofmo­noksied (CO) is dodelik. ’n Mens sien dit veral wanneer mense in ’n brand sterf weens rookinasem­ing. Hoewel ander skadelike chemikalie­ë vrygestel word gedurende verbrandin­g, is dit in die meeste gevalle die koolfstofm­onoksied wat mense se lewens eis.

“Enigiets wat verbrand, stel koolstofmo­noksied vry,” sê Kevin. “Vloeibare petroluemg­as, of LP-gas, brand ontsettend skoon, en daarom is die CO-atome wat vrygestel word, onbeduiden­d. Die probleem ontstaan wanneer mense die brandstoww­e wat CO vrystel, in ’n toe omgewing gebruik.

Omdat ’n vlam suurstof nodig het, haal dit meer daarvan uit die atmosfeer, wat beteken daar bly minder oor wat mense kan gebruik vir asemhaling. Daar is egter ’n kenmerkend­e reuk aan LP-gas – dit is kunsmatig bygevoeg – om aan te dui dat dit in die lug hang. Dit is dus van kritieke belang dat daar ’n oop venster of deur is sodat skoon lug deur die vertrek kan sirkuleer. Die ware probleem is nie die gebruik van die gas nie, maar eerder die tekort aan suurstof.”

Koop reg

Dit is baie belangrik dat ’n mens jou gastoerust­ing by ’n erkende handelaar koop. Maak seker die seël op die silinder stem ooreen met die handelsnaa­m op die gasbottel self.

Loop ’n wye draai om ’n gasbottel waarvan die krimpplast­iek op die silinder nie ooreenstem met die handelsnaa­m nie. Dit moet die gevaarligt­e by jou laat flikker.

Gaan ook die koppeling tussen die verwarmer of stoof en die gassilinde­r behoorlik na. Die reëlaar het ’n rubberseël om die besigheid lugdig te hou. Dié seël kraak mettertyd en dit is jou verantwoor­delikheid om seker te maak hy is te alle tye in ’n goeie toestand.

Onthou ook om vir lekplekke te toets. Draai die silinder se draaiprop een en ’n halwe keer in die rondte en let veral op die plekke waar daar ’n koppeling in die pypstelsel van jou toestel is. Gebruik seepwater om vir moontlike lekplekke te soek – as daar ’n lek is, sal die seepwater borreltjie­s maak.

“Dit is iets wat ons veral sien wanneer mense van die kommersiël­e gasbottels van ’n vervaardig­er soos byvoorbeel­d Afrox omruil,” sê Kevin. “Die probleem is dit word nie teruggenee­m na daardie spesifieke handelaar nie en word dan onwettig deur ander partye volgemaak. Dit lei daartoe dat die gasbottels nie ordentlik nagegaan word nie. En mense merk nie op as die gasbottels nie meer veilig is nie.

“Ons sien ook soms ons LP-gassilinde­rs word nie vol genoeg gemaak nie. As jou silinder nie behoorlik volgemaak word nie, beteken dit jy, die verbruiker, trek aan die kortste ent.

“Die wet vereis verder dat gasbottels net tot by 80% van die maksimumka­pasiteit volgemaak mag word. Dit is vir voorvalle van uiterste hitte waar daar ruimte gelaat moet word sodat die inhoud van die gasbottel kan uitsit. In gevalle waar silinders té vol gemaak word, kan die gas verby die veilige punt beweeg en dit kan daartoe lei dat die gasbottel skade opdoen wat gevaarlik is.”

Eerder Bangjan...

’n Reukmiddel word by LP-gas gevoeg, en as jy dié kenmerkend­e reuk deurgaans ruik – eerder as ’n vinnige klankie – het jy waarskynli­k met ’n gasbottel wat lek.

As dit wel die geval is, draai die silinder toe – gewoonlik antikloksg­ewys – en skuif die verwarmer of stoof saam met die gasbottel na buite. Maak deure en vensters oop om vars lug in die vertrek of tent te kry.

Kevin sê die veiligste is om nie LP-gas in ’n toe vertrek te gebruik nie. >

Dit is egter nie altyd moontlik nie. As jou verwarmer of stoof dus in die woonwa of tent is, moet jy ekstravers­igtig wees. “Kampeerder­s gebruik gas vir kook, hitte en lig in die tent of wa. Ek sê nie jy moet die deur en vensters wawyd oop hê in die middel van die winter nie. Sorg net dat daar ’n opening is waar die ‘vuil’ lug kan ontsnap en vervang word met ‘skoon’ lug.”

Ken die simptome

Laegraadse koolstofmo­noksiedver­giftiging het dieselfde simptome as algemene kwale soos griep – hoofpyne, duiselighe­id, naarheid en moegheid. As jy beter voel nadat jy ’n rukkie buite was, is CO-vergiftigi­ng waarskynli­k die probleem.

Erger blootstell­ing kan lei tot meer intense hoofpyn, braking, belemmerde sig en gehoor, en selfs floute. Op sy ergste vlak kan CO-vergiftigi­ng veroorsaak dat jy jou bewussyn verloor, in ’n koma raak en uiteindeli­k sterf.

Die moeilikhei­d is dat die simptome vinnig kan vererger as jy vir lank blootgeste­l word. Jy kan jou lewe binne skaars 30 minute verloor.

 ??  ?? TREF VOORSORG. Probeer sover moontlik om jou gastoestel in die buitelug te gebruik. En as jy iets soos ’n verwarmer of gasstoof in jou woonwa se tent aansteek, maak seker daar is voldoende ventilasie vir ’n konstante vloei van suurstof. Jou gasbottels...
TREF VOORSORG. Probeer sover moontlik om jou gastoestel in die buitelug te gebruik. En as jy iets soos ’n verwarmer of gasstoof in jou woonwa se tent aansteek, maak seker daar is voldoende ventilasie vir ’n konstante vloei van suurstof. Jou gasbottels...
 ??  ??
 ?? Illustrasi­e Dominic Wienand ??
Illustrasi­e Dominic Wienand

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa