Weg! Ry & Sleep

BLY VEILIG

-

In die woonwa, tent of ryhuis

Gebruik slegs verwarmers en stowe wat spesiaal ontwerp is vir gebruik in ’n woonwa. Moet nooit jou gasoond as ’n verwarmer inspan nie. Gaan al die koppelpunt­e na vir lekplekke vóór jy die gasbottel oopdraai.

In die algemeen

Gaan jou seëls, O-ringe, silinder en reëlaar gereeld na. Let op hoe hoog die vlam brand. Die stoof hoef nie op volle sterkte te brand as jy net koffiewate­r kook nie. Maak seker daar is genoeg vars lug. Moenie die gasbottel oopdraai voor jy gereed is om aan te steek nie.

Weg Ry & Sleep sê Die wet sê in gevalle waar jy ’n gasbottel in jou boswa of woonwa hou, moet dit in ’n komparteme­nt wees wat lugdig na binne is met ventilasie na buite (SANS 10087). Die wet bepaal ook jou gasbottel moet op só ’n manier vasgemaak wees dat hy nie loskom as ’n krag van tot vier keer sy volle gewig hom tref nie.

Vir ’n lys van erkende LP-gashandela­ars in Suid-Afrika gaan na lpgas.co.za. Hier kry jy ook ’n lys van erkende en goedgekeur­de handelsnam­e van LP-gas. As jy nog vrae het, kan jy die veiligheid­sverenigin­g vir vloeibare petroleumg­as bel by 011 886 9702.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa