Weg! Ry & Sleep

Spogwiele

Sy splinternu­we Ranger kan nie ’n voet verkeerd sit nie, sê Tinus; min dinge pla Gerhard van sy Isuzu KB300; en Piet sê sy tweede Mitsubishi is ewe tuis op grond- én teerpad.

-

Geen probleme nie, dankie! FORD RANGER 2.2 (DUBBELKAJU­IT, OUTOMATIES)

’n Mens moet sake mooi dophou, anders sleep of ry jy gou-gou te vinnig met ’n Ford Ranger, sê Tinus Evert

Roos van Springs. Ons kamp met ’n 2013 Gypsey

Regal en ek sleep hom met my Ranger wat ek vyf maande terug uit die boks gekoop het vir R360 000. Ek het die Gypsey eers met ’n Mazda 6 2.5 Dynamic (outomaties) gehaak, maar hy was te laag om gerieflik te sleep en my wa se neuswiel het ’n slag of wat die grond getref.

Ek was op soek na ’n sleepvoert­uig met genoeg pakplek en genoeg krag, en het ook die Toyota Hilux 2.4 GD-6 en Isuzu KB300 LX oorweeg, maar albei

was duurder en die Toyota het net met die handratkas uitgekom.

Ek sou nogal parkeersen­sors op die Ford waardeer het, maar die goeie

gehalte van sy bakwerk, die stilte wanneer ’n ou ry, die algemene ritgehalte en die magdom standaardf­unksies vergoed dubbel en dwars daarvoor. Hy het my ook verbaas met hoe sterk hy is. Nou water my mond vir sy grootboet, die Wildtrack 3.2... Ek sleep gemaklik teen 100 km/h tot120 km/h en dan is die verbruik 12,5 ℓ/100 km met die Gypsey op die haak. Sonder die wa kry ek 9 ℓ/100 km.

Ons kamp soveel as moontlik in die Krugerwild­tuin en ons kinders is mal daaroor – dit is pragtig, die staanplekk­e is tops en die diere wat ’n mens sien, sorg werklik vir ’n spesiale ervaring.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa