Weg! Ry & Sleep

WILDER AS DIE WILDTUIN

-

2012 ISUZU KB300 (DUBBELKAJU­IT)

Met ’n bietjie meer grondvryho­ogte en ordentlike skokbreker­s sal “Willehond” ’n tropleier wees, sê Gerhart Niewoudt van Magaliesbu­rg.

Ek het die Isuzu in 2015 tweedehand­s gekoop vir R260 000, en in die twee jaar dat ek met hom ry, het ek hom al toegerus met ’n bosbreker, aluminiumk­appie en 17”-wiele. Ek is ook heel tevrede met my brandstofv­erbruik van net onder 11 ℓ/100 km. My vorige bakkie was die Ford Ranger 2.2 (dubbelkaju­it) – met hom het ek probleme met die koppelaar gehad.

Ek het al die pad Botswana toe gereis met Willehond en dit was onvergeetl­ik. Dis nou wildernis in die ware sin van die woord. Ongerep en mooi, en ’n plek waar die mensdom nog nie sy merk so erg gemaak het nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa