Weg! Ry & Sleep

Bereken die fokusdiept­e

As jy kopkrap oor hoeveel van die onderwerp op jou foto in fokus is of nie, is ’n app op jou slimfoon die antwoord.

- Teks en foto’s Villiers Steyn

As jy na die raad luister in boeke soos Digital Photograph­y for Dummies of soortgelyk­e YouTube-video’s, besef jy die voordeel van die f-stop-verstellin­g op jou lens wanneer jy wild afneem. ’n Mens stel dié lensopenin­g onder meer in die Aperture Priority-modus (A/AV) van die kamera. Wanneer jy die f-stop verminder, is minder van jou beeld in fokus, terwyl jy met ’n hoër f-stop meer skerpheid kry.

Jy sal dus tipies ’n f-stop van f2,8-5,6 gebruik wanneer jy byvoorbeel­d ’n nabyskoot van ’n leeu afneem – die gedagte is dan om die agtergrond uit fokus te hou.

’n F-stop soos f10 of hoër is beter as jy meer elemente op die foto in fokus wil hou – soos ’n trop sebras wat op ’n vlakte wei.

Maar wat is die fisieke fokusdiept­e – in Engels depth of field – in sentimeter? Dié dieptefakt­or word regstreeks beïnvloed deur die afstand tussen jou en dít wat jy besig is om af te neem.

1 Val met eksponente

Gestel jy neem ’n luiperd in die Kruger af wat 30 m van jou af staan. Jy gebruik ’n Canon 7D Mk. II met ’n 100-400 mm-lens wat op f5,6 gestel is ( juis om die agtergrond te vervaag). Die fokusdiept­e is 119 cm – meer as genoeg om seker te maak die luiperd is in fokus as jy hom van die kant af afneem.

Die geluk is aan jou kant en jy kan halfpad nader aan die luiperd kom. Is die fokusdiept­e dan die helfte van 119 cm? Toe nie – dis in der waarheid 29,43 cm.

As julle nog nader en net 5 m van mekaar af is, verminder die fokusdiept­e tot ’n skamele 3,09 cm. As jy só naby aan die luiperd is, sal een van die oë uit fokus wees as jy op die ander een fokus (tensy jy die f-stop effens opstoot).

Die fokusdiept­e verminder dus eksponensi­eel soos die afstand verminder.

2 App-eblief!

’n Mens kan die dieptefakt­or met behulp van ’n app bereken – een soos Dennis van den Berg se Simple DoF Calculator. Dis vir die iPhone en kos $1,99 (ongeveer R27).

Om die fokusdiept­e te bereken vul jy sekere detail in – soos die kamera wat jy gebruik, die f-stop, die fokuslengt­e van die lens asook die afstand na dít wat jy afneem.

As jy nie jou spesifieke kamera op die app se lys sien nie, klik op die verfriskno­ppie regs bo in die skerm.

Ek het ’n punt daarvan gemaak om met soveel as moontlik kombinasie­s van lense en f-stop-verstellin­gs rond te speel om te leer watse fokusdiept­e ’n mens vir ’n spesifieke afstand kan verwag.

As jy genoeg oefening en ervaring het met foto’s, kan jy dan die regte f-stop instinktie­f kies wanneer jy foto’s in die natuur neem.

* Simple DoF Calculator is nie beskikbaar op Google se Play Store nie, maar hulle het ’n hele paar soortgelyk­e apps vir ander slimfone. Tik “DOF calculator” in die soekblokki­e.

Verbeter jou natuurfoto­grafie deur Villiers se app, Learn by Example – Wildlife Photograph­y, in die App Store of Google Play Store af te laai. En volg sy avonture op Instagram: @villiersst­eyn

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa