Weg! Ry & Sleep

Buffelspoo­rtdam

-

Vis Karp, kurper, swartbaars, geelvis en baber.

Kampplek 20 oewerstaan­plekke met krag en 10 weg van die water, én ’n groot oop kampterrei­n sonder krag met plek-plek koelte.

Ablusieger­iewe Oud, maar altyd skoon.

Prys R160 p.d. per staanplek met krag teen die water plus R25 p.p. (R15 vir kinders 4-12). Weg van die water af is die tarief R130, en as jy sonder krag klaarkom, is dit R110; R30 vir jou voertuig en R60 per boot. Kontak 074 344 3496 of 084 746 5757 Naaste dorp Mooinooi, 11,1 km. Hoe lyk die pad? Teer tot hier, maar in die oord is daar skaflike grondpaadj­ies.

GPS S25.784019 E27.483678

Weg Ry & Sleep sê Die hengel self is gratis. As jy ’n boot gebruik, moet dié geregistre­er wees en jy moet ook in besit wees van ’n bootsmanli­sensie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa