Weg! Ry & Sleep

Noordwes se stil nooi

BUFFELSPOO­RTDAM

-

Die Buffelspoo­rtdam lê net buite Mooinooi, teenaan die Maanhaarra­ndpad. Op sy beurt lê die dam dwars voor jou soos jy deur die hek ry. Die oorkantse wal is omtrent ’n halwe kilometer ver en die waters loop 3 km van links na regs met die damwal heel links.

Die kampgedeel­te is op diékantse wal en loop omtrent een kilometer teen die oewer af. Die staanplekk­e met krag is links voor en die meeste van hulle is op netjiese groen gras – en elkeen het sy eie braaiplek. Twintig van hulle grens aan die water en is duidelik afgebaken. Hengel van hier af word net in die wintermaan­de toegelaat, maar op die staanplekk­e verder teen die oewer af kan jy heeljaar kom kamp en visvang.

Hier is twee badkamers. Die een is in die middel, tussen die staanplekk­e met krag. Hier is ’n opwasplek en ruim storthokki­es met ’n bankie in die middel van die vertrek. Aan die verste kant, weg van die hek, is ook ’n ablusieblo­k vir die mense wat op die groot grasperk sonder krag kampeer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa