Weg! Ry & Sleep

Kom kuier saam met ons

-

Daar is één stukkie kommentaar wat ons altyd kry wanneer ons in die kampplek of 4x4-roete nader staan om ons aan mense voor te stel. “Jislaaik, maar jý het ’n lekker job!”

’n Mens kan nie hiermee stry nie; daar is sekerlik mense wat baie ongelukkig­er is in hulle werksituas­ie as ons. Ons kry die geleenthei­d om nuwe plekke te verken, agter die stuur van die nuutste rygoed in te klim, en woonwaens basies van die fabrieksvl­oer te gaan haal en daarmee te kamp (soos vandeesmaa­nd met die nuwe Jurgens Penta – gaan kyk op bl. 86).

Ons grootste voorreg is egter dat jy ons vertrou om jou te vertel van die dinge wat ons sien, hoor en ervaar, en dat ons jou kan help om jou volgende reis, ryding of wa te beplan. Ja, in daardie opsig hét ons ’n lekker job en dis fantasties om deel te wees van hierdie buiteleweg­emeenskap.

Die tydskrif is egter net een deel van wie en wat ons is, en as jy hom klaar gelees het, hoef jy nie ’n maand te wag om weer saam met ons te kuier nie. Ons is ook op jou rekenaar, tablet én slimfoon. Ons het meer as 57 000 Facebook-vriende en deel daagliks op dié platform nuus, wenke, artikels, resepte en kompetisie­s. En partymaal gesels ons sommer net soos apies in die kampterrei­n oor dinge of vra raad oor roetes wat ’n mens vir die naweek kan aandurf.

Kom kuier saam met ons. Tik “Weg Ry & Sleep” in die soekbalkie en klik op “Like”. En onthou om die foto’s van jou laaste vakansie ook daar vir ons te wys. Dalk sien jy jou foto in volgende maand se tydskrif.

Veilige reis!

Terwyl jy die papierwerk afhandel, kan die kinders hulle by die varkhok langsaan gaan vermaak. Met ons besoek het ’n werpsel kleintjies rustig onder ’n infrarooi lamp geslaap.

 ??  ??
 ??  ?? REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com
REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa