Weg! Ry & Sleep

Één stuk hout... toe staan ons

- DANNY ELDRIDGE Port Elizabeth

Vir my vyftigste verjaardag beplan ons ’n toer van 3½ weke deur Botswana. Alles loop goed tot in Chobe, toe ’n stuk vuurmaakho­ut ’n stokkie voor ons genot steek.

My Toyota Prado is ’n 1999model en het reeds 315 000 km op die klok. Iemand moet voor ons die stuk hout gebruik het toe hulle in die sand vasgeval het, maar nou het dit deur ’n opening in die pensplaat ’n gat in die verkoeler gesteek. Gelukkig sit ons nie heeltemal gestrand nie, want ek het ’n satellietf­oon by my en bel die mense by die Muchenje-kampplek waar ons bly. Hulle is gaaf en reël dat ons hulp kry.

Dis ’n dag se storie. Met die hulp van die Danmar-insleepdie­ns kry ons die Prado tot by die Mario’s-motorhawe in Kasane. Intussen kry ons ’n 4x4 by GKT Tours & Rental gehuur – dit alles ná 6.30 nm. op dieselfde dag.

Ons is vol lof vir al die mense wat ons gehelp het. Ná die raad van GKT reël ons ’n spesiale permit om in die nag deur Chobe terug te ry na ons kampplek toe.

Die Prado kry toe ’n nuwe verkoeler, maar dit lyk of een van die enjinseëls nou lek. Ons toer is nog nie oor nie en ons ry die volgende 3 000 km skilpadsta­dig. Ek hou die toere laag by 1 800 r.p.m. en trek elke 50 km af om die enjin met ’n halwe liter water op te vul.

Die skade aan die enjin tot dusver is R65 000, en dit sluit die R15 000 uit van al die hulp wat ons op die rampdag ontvang het. Gelukkig dek my versekerin­g die helfte van die enjinskade asook ’n deel van die insleepdie­ns se uitgawes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa