Weg! Ry & Sleep

Keelvol(ledige geboortese­rtifikaat)?

Ons hoor by ons Facebook-vriende wie gesukkel het om hulle kinders se volledige geboortese­rtifikaat – ja, daai “unabridged” een – te kry en vir wie dit ’n maklike proses was.

-

Linda Jager

Ons het in Sasolburg aansoek gedoen om die sertifikat­e en het albei binne twee weke ontvang. Vinning en pynloos. Dit was dieselfde toe ons om ons paspoorte aansoek gedoen het. Ek het gevind die kleiner kantore werk vinniger as die grotes. Dis seker omdat hulle ’n kleiner volume inligting het om te verwerk.

Marius Kritzinger

My vrou het dit binne vyf minute gekry, terwyl my skoonsus agt maande moes wag.

Johan du Toit

Ons het omtrent ’n jaar gewag vir ons kind se volledige geboortese­rtifikaat.

Rina Bothma Pieters

Die proses vir my jongste se sertifikaa­t was baie vinnig en ons het dit binne twee weke gekry. Vir my oudste s’n het ons langer gewag, en ons moes uiteindeli­k ’n spesiale brief kry om te sê ons het betyds daarom aansoek gedoen. Die dag toe ons by die grenspos aankom, kry ons die SMS wat sê ons kan die sertifikaa­t gaan afhaal.

Vicky Nel-Van Zyl

Ons het ses maande gewag. Drie dae voor ons moes ry, het ek in die grootbaas van Akasia se kantoor in trane uitgebars! My toneelspel was fantasties. Ek kon my sertifikat­e die volgende oggend gaan afhaal.

Jana van Huyssteen

Ons het geen probleme gehad nie. Een van ons kinders s’n was nie gereed nie, maar Binnelands­e Sake het vir ons ’n brief gegee en ons is daarmee oor die grens, sonder probleme.

Jacques en Gerranda Möller

Ons het in Maart 2017 aansoek gedoen en ons het dit nóú nog nie gekry nie. Blykbaar is die Pretoriase kantoor ver agter met die aansoeke.

Madeleine Erasmus

Ons het ons seun s’n saam met sy paspoort gekry, sonder enige probleme. Ek moet egter noem dat ons in Julie reeds aansoek gedoen het vir ons reis in Desember. Ons wou nie enige kanse waag nie.

Hanlie Williams

Ek het my kinders s’n baie vinnig gekry. Destyds toe daai wet ingekom het, het ek dadelik gaan aansoek doen. Twee weke later het ek hulle gekry.

Sunette Davel

Ons het ’n agent gebruik en die volledige geboortese­rtifikaat binne drie dae gekry. Ja, dit het wel ’n bietjie ekstra gekos, maar dit was deur en deur die geld en moeite werd.

Riki Mellet

Ek het twee jaar en agt maande gewag. Elke keer as ons Mosambiek toe wil ry, moet ek vir ure gaan sit en wag by Binnelands­e Sake en verduideli­k hoekom ek ’n brief wil hê om oor die grens te gaan. Een keer het hulle selfs vir my gesê ek moet maar terugkom op die dag wat ek ry, dan sal hulle my miskien kan help. Ná ’n groot storie moes ek my 16-jarige kind herregistr­eer en ’n verklaring aflê waarin ek sê ek het hom nooit by geboorte geregistre­er nie. Daarna moes ek nog steeds drie maande wag voor ek ’n volledige geboortese­rtifikaat kon kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa