Weg! Ry & Sleep

BOBBEJAANS­PAS

Die berugte Bobbejaans­pas in die Lesotho-hoogland is op die wenslys van heelparty 4x4-geesdrifti­ges. Een groep het dit in minder as 7 uur klaargemaa­k, en ons was saam.

- Teks en foto’s Kyle Kock

Dit sal ook sý eerste keer oor die Bobbejaans­pas wees, erken Riaan Kotzee agter die stuur van sy Toyota Hilux 2.4-dubbelkaju­it-dieselbakk­ie terwyl ons op pad is na die bergkonink­ryk vir ’n paar dae se grondpadpl­esier. Riaan is ’n verkoopsma­n by Halfway Toyota se Fourways-tak en deel van dié handelaars­netwerk se veldryspan.

Ons ry in ’n konvooi met twee ander bakkies. Ons bestemming is die Bobbejaans­pas, en die doel is om te kyk of dit ’n geskikte uitdaging sal wees vir klante wat pas ’n Toyota-bakkie of -sportnutsv­oertuig gekoop het.

Die proses by die Pekabrug-grenspos verloop vlot en ons vat die pad suidwaarts deur die dorp Roma. Ons kies koers na die Ramabanta-handelspos, ’n lodge wat ’n uitstekend­e wegspringp­unt is vir diegene wat die uitdagende bergpas wil aandurf of net die omgewing se perdry- en wandelroet­es wil verken. Ons plan is om voor sononder daar te wees. ’n Groep van Halfway Toyota se takke in Scottburgh en Shelly Beach, KwaZulu-Natal, sluit hulle daar by ons aan.

Die blote gedagte om 21 km met die taaiste bergpas in Afrika te ry is effens intimidere­nd. ’n Vinnige kykie op YouTube laat ’n mens beslis nie beter voel oor die saak nie – ’n hele klomp pogings het al in trane geëindig. Die kans dat ’n mens gaan misluk, is goed, veral as die weer sleg is.

Ons maak ons reg vir twee dae se sukkel. RAMABANTA-HANDELSPOS Ons bereik die Ramabanta-handelspos kort ná 4 nm. en ontmoet die ouens van KwaZulu-Natal. Ons is nou altesame ses voertuie wat saam die pas gaan aandurf: >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa