Weg! Ry & Sleep

ROETES WAT ROEP RY LEKKER BY DIE SEE

Die dae toe jy op Suid-Afrika se strande kon ry en in die duine baljaar, is verby. Vandag is daar net ’n handjie vol plekke oor waar jy ’n 4x4-duineroete langs die see kan ry. Vleesbaai is nog een van daai plekke.

- Teks en foto’s Evan Naudé

Vleesbaai is ’n piepklein vakansiedo­rp sowat 35 km van Mosselbaai af. Hier is een winkeltjie en ’n pragtige ongerepte strand. Oor Kersfees en Paasfees bars die plekkie uit sy nate met besoekers, maar dis naby genoeg vir ’n daguitstap­pie van Danabaai, Mosselbaai of Hartenbos af.

Die Vleesbaai-4x4-duineroete is op die plaas Misgunst net buite die dorp. Dit lê in die Fransmansh­oek-bewarea, en die 16 km-sirkelroet­e vat jou deur ’n duinestroo­k bo die weggesteek­te strand tussen die Fransmansh­oek-skiereilan­d in die noorde, en Kanon-natuurrese­rvaat in die suide.

Die roete is regdeur die jaar oop en jy word begelei. Die plaasmense sal jou deurvat en touwys maak oor die truuks van duinery (of met ’n tou uitsleep!). Hier word volstoom op die plaas geboer, en daarom is bespreking­s noodsaakli­k, veral in Desember. Dan is die roete ordentlik besig – van 12 Desember af vertrek daar elke twee uur ’n groep op die roete.

Die roete begin by die plaashuis waar jy jou bande moet afblaas. Die regte banddruk sal wissel van voertuig tot voertuig, maar jy kan begin by minstens 1,2 bar. Die eerste 3 km is taamlik rustig en gee jou ’n kans om aan die sand gewoond te raak. Digby die 4 km-merk is daar ’n gebied wat “Hardebaard” gemerk is, en die naam is heel gepas: Hier is ’n versamelin­g taai duine met knap draaitjies en kort aanlope wat jou >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa