Weg! Ry & Sleep

SWARTRUGGE­NS

Pak jou visgerei en mik Swartrugge­nsdam toe waar jy karp, baber, kurper of swartbaars aan jou hoek kan kry.

- VISVANGOOR­D SWARTRUGGE­NSDAM

’n Buffet van vis

As Jan die Bosveldbul iewers sou bly, sou dit op Swartrugge­ns wees. En as hy ’n visstok gehad het, sou die bielie van die Bosveld sy tent teenaan die water van die Swartrugge­nsdam opslaan.

Dié dorpie lê tussen Rustenburg en die Botswana-grens, en die kampplek laat ’n mens dink aan die munisipale oorde van ouds.

Maar dis gewis nie munisipaal nie en Dawie Vorster bestuur die plek al die afgelope 18 jaar. Só agtermekaa­r hou hy dinge dat ’n mens nie net een keer hier kom kamp nie.

Te oordeel na hoe besig dit raak oor langnaweke, moet jy spring om ’n staanplek teen die water te kry. Hierdie staanplekk­e is op ’n lieflike groen grasmat waar wilgerbome jare terug al wortel geskiet het. Trouens, Dawie het die bome self geplant.

Destyds toe hy oorgeneem het, was hier net twee staanplekk­e, en geen krag, bome of gras nie. Hy het die wilde gras uitgeroei en die moerasgede­eltes teenaan die water in die netjiese staanplekk­e omskep.

Die staanplekk­e weg van die water af is teen ’n effense helling. Dis digby die kantoor en onder ’n plat laning bome op ’n lekker stuk gelyk gras. Kragpunte (die gewone huissok) staan lukraak rond en dieselfde geld vir die geplante staalbraai­plekke en krane.

Die badkamers is op die teenoorges­telde punt van die ontvangsge­bou. Oorkant die storte staan elke wasbak in sy eie hokkie met ’n hoë muur tussen elkeen. Hier is wel nie ’n opwasplek nie; jy moet ’n kraan of die skotteltji­e by jou woonwa gebruik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa