Weg! Ry & Sleep

Fiat se Fullback is nog relatief nuut op ons paaie, maar wys al klaar sy staal voor ’n wa.

Fiat se Fullback is nog relatief nuut op ons paaie, maar wys al klaar sy staal voor ’n wa.

- Teks en foto’s Leon Botha

Fiat se dubbelkaju­itbakkie is hier, en met sy Italiaanse herkoms bevind hy hom in uitgelese geselskap – dink maar aan sportmotor­s soos Lamborghin­i, Maserati en Ferrari (Fiat is hoeka die moedermaat­skappy van die laasgenoem­de twee).

Wanneer ’n mens die enjinkap oopmaak, staan “FCA Italy S.p.A” bo-aan die enjinplaat­jie, maar Fiat se Fullback is meer van ’n spanpoging. Dit verg nie veel verbeeldin­g om te sien hy is so te sê ’n kloon van Mitsubishi se Triton nie, en boonop word die enjin ook deur Mitsubishi verskaf.

Vennootska­ppe onder motorverva­ardigers is niks vreemd nie. Dink maar aan Renault en Nissan, Peugeot en Citroën, Ford en Mazda. Wat wel tel, is die sleepwiele se maniere voor die wa. Ons haak en kyk. Sterk, maar beskeie Ons het die topmodel van die Fullback voor ons wa ingespan. Teen ’n halfmiljoe­n rand is ’n mens in jou skik met die 430 Nm wringkrag, maar die wa sal moet sterk staan as die Fullback al sy krag wiele toe stuur, selfs al is dit ’n 4x4 outomaties. Fiat het egter die Fullback se teuels behoorlik ingetrek: Jy mag nie ’n vrag van meer as 1 405 kg sleep nie. Dis betreklik lig as ’n mens dit met van die ander vervaardig­ers se nuwe dubbelkaju­itbakkies vergelyk – die tendens onder die groter name is al meer as 3 t. ’n Mens sou ten minste verwag die Fullback kan sy eie leë gewig (1 850 kg) sleep. (Die Fullback se brutokombi­nasiemassa (BKM) is net 4 285 kg; dis die totale toegelate gewig van die bakkie en die sleepding. Die brutovoert­uigmassa (BVM) van die bakkie self is 2 880 kg. As ’n mens die twee syfers van mekaar aftrek, is die maksimum toegelate gewig van die wa dus 1 405 kg.)

Dié lae perk is darem nie die dood van Katryn nie, want baie van die waens op die pad oorskry nie 1 400 kg nie (al kan hulle BVM-waarde 1 500 kg en hoër wees). Die wa se BVM moet net nie die tarragewig van die Fullback oorskry nie. Haak aan die bak Die sleepstang se toegelate sleepvrag strook met die 1 405 kg en is ook daarvoor gesertifis­eer. Die stang lyk nietemin ewe fris gebou as dié van ander bakkies en kom van Bosal.

Die stang vorm nie deel van die bakkie se buffer nie, maar is ’n aparte onderdeel waarvan die arm om die buffer krul. Hierdie gedeelte is verwyderba­ar as jy dalk die haak vir ’n ruk nie gaan gebruik nie. Die bol se bokant staan 51 cm bo die pad en die flensplaat waaraan dit vasgebout is, het nog ’n stel gate 8 cm hoër as jy die bol wil lig. ’n Sakplaat pas ook op die stang.

In teenstelli­ng met die beskeie sleepgewig wat Fiat vir die Fullback toelaat, is hulle veel vrygewiger as dit kom by die neusgewig: 112 kg (12 kg meer as wat die wet voorskryf ). >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa