Weg! Ry & Sleep

Dinge is aan die gebeur

-

Hierdie jaar het omtrent met ’n vaart weggesprin­g, en daardie luilekker Desemberva­kansie is niks minder nie as ’n vae herinnerin­g. Hier by Weg Ry &

Sleep het ons omtrent ons bene stompies gedraf die laaste klompie weke.

Kyle se familie sukkel seker teen dié tyd om te onthou hoe hy lyk. Die man het in Portervill­e gaan kamp vir vandeesmaa­nd se Jan Tuisbly, wyd en syd gesoek vir gasbraaier­s om op die Toerusting­blaaie te toets, etlike ure op die foon deurgebrin­g om vir Kampboffin wenke vir die berging van water te kry, én dan moes hy nog die artikel oor die Bobbejaans­pas in Lesotho skryf.

Cyril moes sy vakansie met sy familie kortknip om Duitsland toe te vlieg om by die wêreld se grootste buitelewes­kou in te loer, en tussendeur moes hy vasstel of die Ford Kuga ’n ernstige veldryer is. En dan praat ons nie eens oor al die inligting wat hy bymekaar moes kry vir hierdie maand se 4x4-professor nie. Leon het op sy beurt vir sy gesin in die Kruger gaan wys wat dit beteken om régtig warm te kry, en hy moes ook tyd maak om met die Armadillo Shack te kamp en met die Fiat Fullback te sleep.

Dis egter nie net hier waar dinge aan die gebeur is nie. Gaan lees op ons nuusblaaie (bl. 18) van al die skuiwe in die woonwabedr­yf. Dis ’n klompie interessan­te maande wat voorlê en ons gaan ons vinger op die pols hou om vir jou al die jongste inligting te kry. Die bakkie staan nie stil nie... Net ’n vinnige nota oor ons Bakkieproj­ek. Nadat ons die Mazda BT-50, ons langtermyn­toetsvoert­uig, met alles van ’n bosbreker tot ’n staalagter­buffer toegerus het, het ons die laaste twee maande só baie met hom gery dat ons nie tyd gehad het om hom in te vat vir verdere opgraderin­gs nie.

Maar in die komende weke is daar wel ’n gaping en ons het ooreengeko­m die meeste swaar goed is reeds aangebring. Ons kan dus nou voortgaan om die vering te vervang met ’n stelsel wat opgewasse is vir al die ekstra gewig. Ons vat die bakkie eersdaags in en vertel jou volgende maand alles daaroor.

Veilige reis!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa