Weg! Ry & Sleep

TWEE KANTE VAN DIE MUNT...

- WILLEM VAN BREDA Pretoria-Noord

Nie so kras nie, asseblief

Ek verwys na die rubriek “En die bakkie vir my is?” van Mic van Zyl in die Januarie-uitgawe waarin hy verduideli­k hoekom hy y op sy dubbelkaju­itbakkie besluit het.

Ek lees Mic se rubrieke noukeurig en glo hy is ’n spesialis s op p sy gebied. Hy fokus daarop om tegnies akkuraat te wees en n sa sal al homself nie pootjie met onwaarhede – of, soos hy dit self stel stel, l, ’n “ooraanbod verkeerde of bloot vals inligting” – nie.

In dié rubriek vergelyk Mic kortliks die kenmerke van die e bakkies wat hy oorweeg. ’n Mens verstaan dat dit ’n oorsig en nie ’n diepte-evaluering is nie, want die stuk gaan oor sy y ervaring met die koop van ’n nuwe ryding. Dit sal natuurlik k ook tot ’n mate sy persoonlik­e voorkeur weerspieël.

’n Mens aanvaar dus dat Mic sy keuse verduideli­k en ek het sy mening as objektief ervaar... tot die woorde “skokkende vering” (oor die Toyota Hilux). Ry die vering dan te hard of is dit onveilig? Mic se gebruik van die woord “skokkend” is té kras vir iemand wat homself ’n objektiewe rubriekskr­ywer wil noem.

Ek herinner my aan ’n Afrikaanse motor-TV-program wat bakkies met mekaar vergelyk het. Hulle het die verskillen­de bakkies in diepte met mekaar vergelyk, en as ek reg onthou, was hulle nie só ontevrede met die Hilux se vering nie.

Mic verkies die Ford Ranger en daarmee het ek nie ’n probleem nie. Dis ’n uitstekend­e bakkie, maar as iemand wat ’n handelsnaa­m in die 4x4-kringe verteenwoo­rdig, moet hy as rubriekskr­ywer objektief wees. Sy mening kan ’n inpak hê op minder ingeligte kopers.

Ek hoop nietemin Mic geniet sy Ranger vir nog baie kommervrye kilometers deur ons pragtige land.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa