Weg! Ry & Sleep

Mic slaan die spyker op die kop

- PETER EMMANUEL Knysna >

Ek was beïndruk toe ek Mic se rubriek lees waarin hy vertel van die bakkie wat hy uiteindeli­k gekies het.

Net soos Mic was ek ’n kranige Toyota-ondersteun­er. Ek het ervaring met die ouer Hilux 3.0 D4-D-bakkie, die Land Cruiser 70-reeks en die nuwe 2.8 4x4-dubbelkaju­itbakkie. Dis duidelik Mic het nog nie van hierdie modelle op ’n lang reis gebruik nie. Buiten die swakste vering van enige bakkie, sou hy ook ander teleurstel­lings opmerk. Om die waarheid te sê moes ek lugkussing­s op die agterverin­g laat aanbring. (Ek sleep ’n Conqueror Companion.)

Die harnas by die sleephaak was eerste in die slag. Die drade het uitgetrek as gevolg van die manier hoe die agterklap oopmaak. Verder is die kajuit nie stofdig nie. Ek het hoeka probleme met die Cruiser gehad wat stof inkry by die agterdeure. Ek het die stofproble­em van my nuwe Hilux onder Toyota se aandag gebring en hulle het dit reggestel. Aanvanklik het hulle gedink om die gate agterop die bak en die vloer te seël sal die probleem oplos.

Ek het aan die Toyota-verteenwoo­rdiger verduideli­k dat die stof deur die luginlaat kom, waarop hy antwoord ’n mens moet die lugreëling só stel dat dit die lug in die kajuit sirkuleer.

Verder het ek my Cruiser vir die nuwer Hilux ingeruil, want ek het nie veilig gevoel om daarmee te sleep en iemand verby te steek nie. Ek gee toe die Hilux vaar beter hiermee. Die enjin en binnegerie­f is darem uitstekend.

Ek het pas ’n reis van 9 500 km deur Zambië agter die blad. Dele van die toer was uitmergele­nd en ek het bykans geen Suid-Afrikaners raakgeloop nie.

Ek sou finaal besluit wat ek van die Hilux dink nadat ek genoeg met hom gery het. Nou weet ek waar ek staan: Ranger, hier kom ek – sodra ek kan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa