Weg! Ry & Sleep

WONDERLIKE MENSE

- GUSTAV BESTER Kokanje, Modimolle

Ek vertel graag van ’n besoek aan Kaokoland. Ons was twee voertuie, maar tussen Opuwo en die Marble-kamp het sake skeef geloop. Die stuurarm van die een het gebreek – die bout wat die storie aan mekaar hou, het uitgeval. Ons is gelukkig om die bout so 10 treë terug in die pad op te tel, maar die skroefdraa­d is daarmee heen en ons kan hom nie meer vasdraai nie. Gelukkig kry ons ’n plan gemaak en bind die twee kante waar die bout gepas het, met ’n ski-tou aanmekaar vas. Ons ry verder en trek elke nou en dan af om seker te maak die tou bly styfgespan.

Die drama langs die pad het ons teruggehou en ons kom eers laat by die Marblekamp aan, die plek waar ons oornag. Die kamp is egter vol, maar een van die kampeerder­s is bereid om hulle staanplek te deel. Die mense was só vriendelik hulle het selfs hulle braaivuur vir ons aangebied.

Aanvanklik sou ons oor Van Zylspas hierheen gery het, maar het gelukkig op die nippertjie anders besluit. Ons sou dit nie met ’n af stuurarm gemaak het nie.

Die stuurarm moes reggemaak word, maar al genade op daardie tydstip was om versigtig aan te kruie. Ons gaan die tou kortkort na terwyl Swakopmund in ons visier is. Ons kan op Swakop kyk of iemand ons met die onderdeel kan help. Intussen haal ons die dorpie Uis en bel solank ’n motoragent op Swakopmund om te hoor of hulle ons kan help. Ongelukkig het hulle nie ’n stuurarm nie, en ’n nuwe een uit Suid-Afrika sou 4-5 dae neem om afgelewer te word. Ons besluit om deur te druk tot op Walvisbaai. Die handelaar op Walvis kan ook nie help nie, maar verwys ons na Greg’s Motor Spares wat ons op hulle beurt na Cymot Midasonder­dele verwys. Hulle kan sowaar ook nie help nie, maar is gaaf genoeg om te help soek. En so kom ons by Autozone uit.

Daar kry ons die onderdeel, maar, wonder ek hardop, wie sal ons kan help om dit te installeer? Die bestuurder kom tot ons redding en reël met een van hulle klante, ene Frank, om te help. Die tou het die stuurmegan­isme ’n 1 000 km aanmekaarg­ehou, en daar vervang Frank dit binne 17 minute.

Graag sê ek dankie aan een en almal op Walvisbaai wat gehelp het. Julle is hulpvaardi­g en vriendelik en het uit julle pad gegaan om hulp te verleen. Baie dankie, julle is wonderlike mense.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa