Weg! Ry & Sleep

Die ‘trane’ die rol...

-

Wat aanvanklik net ’n besoek aan Namibië sou wees in 2016, het vir Chris Erasmus van Kempton Park gelei tot ’n ondernemin­g wat teardrop-waentjies vervaardig. Chris het drie waentjies vir hulle klein toergroep gebou om die suide van Namibië te besoek. Ná vier weke en 7 000 km het Chris, ’n lugvaarton­twerper van beroep, besluit om sy hand aan ’n nuwe uitdaging te slaan. Road-Tripper Adventure Trailers het die lig gesien, en vandag bou dié vervaardig­er vier verskillen­de weergawes van die immergewil­de

teardrop-ontwerp.

Die vier modelle wissel van ’n tipiese

teardrop-waentjie tot ’n wa wat jy agter jou veldryer kan haak om die boendoes in te vaar. Die reeks se pryse wissel tussen R57 000 tot R75 000, en buiten die grootste model, die XL Limited Edition wat 60 cm langer is as die res, gebruik Chris dieselfde onderstel.

Die S-model is 2,4 m lank, het ’n deur aan weerskante en die tipiese teardrop-kombuis agter. Die romp vir al die modelle word uit laaghout gebou en afgewerk met Chromadek, ’n soort plaat wat spesiaal gegalvanis­eer en geverf word. Die X-model se bakwerk staan 8 cm hoër as dié van die S-model en kry 14”-bande teenoor die 13” van die S.

Die X se kombuis val weg, wat beteken daar is heelwat meer ruimte in die wa. Hy het ook net een deur, aan die regterkant. Die XL het weer ’n kombuis en twee deure, en met die langer XL Limited Edition wen ’n mens meer ruimte binne die wa én in die kombuis. Binne het jy dan ’n 2,2 m lange bed en die kombuis het plek vir ’n heel groot ys-vrieskas (90 ℓ).

Al die waentjies se tarragewig is 400 kg met ’n brutovoert­uigmassa (BVM) van 750 kg. Die waentjies is ongerem en kom standaard met onder meer ’n 220 V-kragstelse­l (wat USB-sokke aan die binnekant insluit). Bykomstigh­ede sluit in ’n noodwiel (R2 500), dakrak (R2 200), sytafel (R925) en wasrak (R850).

Al bied Chris ’n standaardr­eeks van vier, spesialise­er hy in doelgemaak­te waentjies. Kontak roadtrippe­rtrailers@gmail.com

083 564 2150 roadtrippe­rtrailers.com >

 ??  ?? VIER PLUS NOG. ’n Mens kan tussen vier Road-Tripper-modelle kies. En as jy ’n wa meer spesifiek vir jou behoeftes soek, bou die eienaars dit met graagte.
VIER PLUS NOG. ’n Mens kan tussen vier Road-Tripper-modelle kies. En as jy ’n wa meer spesifiek vir jou behoeftes soek, bou die eienaars dit met graagte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa