Weg! Ry & Sleep

Pragtige Botswana

Verken 11 dae ons beeldskone buurland – van Lethlekane tot by Kasane in die noorde, en beleef onder meer die Victoriawa­terval en die Chobe- nasionale park.

-

DAG 1

Ons ontmoet mekaar op die dorp Lethlekani, waar almal brandstof ingooi en met tweerigtin­gradio’s toegerus word. Van daar af vertrek ons na die wye oop vlaktes van die Makgadikga­dipanne vir ons eerste nag by Kubu-eiland.

DAG 2

Ná ontbyt verken ons die eiland ’n rukkie voordat ons noord ry op die tweespoorp­ad, al langs die rand van die leë soutpanne. Ons sal langs die pad stilhou vir middagete. Ons mikpunt vir die aand: ’n kampterrei­n net buite Maun.

DAG 3

Ons vertoef ’n uur of wat in Maun om weer voorraad aan te vul. Diegene wat wil, kan op ’n uur lange rit oor die Okavangode­lta vlieg (dié uitstappie is vir jou eie rekening). Daarna ry ons wes en noord om ons volgende kampterrei­n te bereik.

DAG 4

Omdat ons reeds ’n paar lang dae agter die stuurwiel deurgebrin­g het, neem ons ’n welverdien­de blaaskans op die oewer van die Okavangode­lta. Laatmiddag gaan ons op ’n begeleide boottoer op die delta.

DAG 5

Ons ry noord uit Botswana en steek die grens na Namibië oor via die betowerend­e Tsodilokop­pies. Hier sien ons Boesmantek­eninge.

DAG 6

Vanoggend kan jy bietjie laatslaap – elkeen besluit self hoe hy die oggend wil deurbring. Laatmiddag neem die Bhejane-span jou op ’n skemerkelk­bootrit op die Okavangori­vier.

DAG 7

Ons kyk wild in die Mohango-wildreserv­aat. Rondom middagete hou ons piekniek by een van die pragtige stilhouple­kke. In hierdie deel van die Caprivi- nasionale park is daar meer as 300 voëlspesie­s. Die park huisves ook vier van die Groot Vyf.

DAG 8

Vanoggend pak ons op en ry terug na Botswana deur die Caprivistr­ook. Ons slaan kamp op buite Kasane in Botswana, waar ons drie nagte gaan deurbring.

DAG 9

Ná ’n lekker ontbyt klim ons op die bus na die Victoriawa­terval.

DAG 10

Ons dag begin vroegoggen­d met ’n drie uur lange wildrit in ’n oop voertuig in die Chobenasio­nale park. In die namiddag geniet ons ’n drie uur lange bootrit op die Choberivie­r.

DAG 11

Dis ongelukkig tyd om te groet. Huistoegaa­ntyd!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa