Weg! Ry & Sleep

Kamp in die Bitouvalle­i waar die natuur jou inspireer

Hierdie tydelike kampplek in die hart van die Bitouvalle­i naby Plettenber­gbaai is spesiaal ontwerp om by die omgewing in te pas en bied ’n unieke ervaring in die natuur.

-

Geniet ’n gesinswegb­reek waar jy nie ’n vinger hoef te verroer nie – jy kan net ontspan en die omgewing rondom jou indrink. Jy bly in ’n beskutte luukse tent in ’n oeroue woud. Die kos wat jy eet, kom uit die omgewing en word langs die rivier gemaak en voorgesit. Stap, roei, ry fiets en kyk voëls saam met ’n gids of ontspan net en herlaai jou batterye in hierdie mooi hoekie van ons land.

DIE VOLGENDE AKTIWITEIT­E IS INGESLUIT BY DIE PRYS*

• Twee gesonde etes per dag, berei deur ons boskokke. • ’n Begeleide kano-uitstappie op ’n rivier in die omgewing. • ’n Begeleide kusstap. • ’n Begeleide uitstappie na die Knysnawoud in ’n konsessieg­ebied van die Tuinroete- nasionale park. • Die kamp het sy eie bergfietse en kajakke wat gaste kan gebruik. • Hier is ’n voëlskuili­ng naby die kamp vir skemerkelk­ies en fotografie. Die volgende aktiwiteit­e is opsioneel en nie ingesluit by die prys nie, maar ’n bekostigba­re pendeldien­s kan gereël word – bespreek vooraf. • ’n Uitstappie na Plettenber­gbaai. • ’n Rit op die Keurbooms

rivierpont. • Stand-up paddling- en branderpla­nklesse. • Rekspring van die

Bloukransb­rug af. • ’n Verskeiden­heid ander

aktiwiteit­e.

PRYS

R1 980 p.p.p.n. wat deel, aandete en ontbyt ingesluit (halfprys vir kinders o.10). Enkelreisi­gers betaal 30% ekstra. Dié intieme kamp is klein; bespreek vroegtydig om jou plek te verseker.

* ’n Minimumver­blyf van 3 nagte word vereis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa