Weg! Ry & Sleep

Die Karoo roep

Hy soek altyd na nuwe plekke om te verken in ons land, en daarom is die kamplewe nie vreemd vir Peter Field van Saldanhaba­ai nie. Hy het onlangs die Klein-Karoo saam met vriende besoek.

-

Ons het met my betroubare ou 2013-model Land Rover Defender met ’n Bush Lapa Boskriek op die haak gaan kamp en by die De Vlei-plaasstal op die R46 naby Hermon by ons vriende aangesluit. Ons het saam eers ontbyt geniet voordat ons na die Ceresvalle­i vertrek het. Ons het met die Mitchellsp­as aan die westelike kant van die dorp ingery en in die rigting van die N1 gehou voor ons die afdraai na Touwsrivie­r geneem het.

Ons het by Gecko Rock, die Anysbergna­tuurreserv­aat, Mavuradonh­a, Die Hel, Ebb & Flow, Eagle Falls en Kleinplaas naby Oudtshoorn gekamp.

Vertel ons meer oor Kleinplaas...

Die personeel is baie vriendelik en die oord word deurgaans skoon en netjies gehou. Hier is meer as genoeg koeltebome en kragpunte en elke staanplek het sy eie kraan en vullisdrom. Die staanplekk­e is ook lekker groot en dit voel nooit of dit beknop raak nie.

Waar het jy van Kleinplaas gehoor?

Ek is ’n moderator op twee Facebook- groepe, “My Camping Sites” en “Off the Beaten Track”. Die twee groepe het tussen hulle meer as 30 000 lede; dus is daar ’n ooraanbod van voorstelle vir interessan­te plekke wat ’n mens kan besoek.

Ek kry die meeste idees vir kampplekke op Facebook, maar gebruik ook Tracks4Afr­ica wanneer ek na my volgende bestemming soek.

Wat kos dit om daar te kamp?

Dit kos R360 per staanplek (vir 4 mense).

Is daar ander verblyfops­ies beskikbaar?

Daar is chalets vir vier, vyf of ses mense. Daar is ook slaapkamer­s met twee beddens en en suite-badkamers beskikbaar. Elke chalet het sy eie motorafdak en braaideel waar jy om die vuur kan kuier.

Hoe lyk die ablusieger­iewe in die kampterrei­n?

Die ablusieblo­kke is in Februarie vanjaar oorgebou en opgekikker en is heel modern. Met ons besoek was dit silwerskoo­n en daar was nooit ’n tekort aan warm water nie. Hier is ’n waskamer met outomaties­e wasmasjien­e, tuimeldroë­rs en ’n wasgoedlyn vir mense wat vir ’n rukkie kom afsaal. Hier is ook ’n plek om jou kassettoil­et uit te spoel.

Wat van ’n kampwinkel?

Omdat Kleinplaas basies reg langs die dorp lê, is die winkels, restaurant, kitsbanke en brandstof net ’n klipgooi ver. Ek móét egter die aartappel- en patatkoeki­es by die Swartberg Country Manor aanbeveel. Dit is sowat 30 minute se ry van Kleinplaas af.

Waarmee vermaak ’n mens jou wanneer jy in hierdie geweste kom kuier?

Die Kangogrott­e is net 25 minute van hier af – as jy nog nie daar was nie, is dit beslis ’n besoek wed. Dan lê die Cango Wildlife Ranch skaars twee minute van Kleinplaas af en jy kan hier kom inloer om ’n verskeiden­heid wild van nader te leer ken.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa