Weg! Ry & Sleep

Vang vis in die Vaal

Die Loch Ness-meer het dalk sy monster, maar in die Vaaldam kan jy ’n monster van ’n ander kleur aan jou hoek kry: ’n 20 kg-baber!

-

Kamp aan die karpkant

Met sy oewer wat langer as 800km strek, is die Vaaldam een van die grootste damme in die land. Sowat 4 km van dié oewer behoort aan die Boschkop Uyse-boerdery waar hulle ’n plekkie ingerig het waar jy jou woonwa langs die viswaters kan staanmaak.

Die kampplek op die plaas staan bekend as die Boschkop-oord en lê aan die noordekant van die dam. Die eienaars neem nie bespreking­s nie en jy kan ook nie ’n spesifieke staanplek bespreek nie, want staanplekk­e is nie afgebaken nie.

Omdat die watervlak deur die jaar wissel, is hier ook nie kragpunte of geboude braaiplekk­e nie. Jy mag egter jou kragopwekk­er saambring as jy 220V-krag op jou staanplek nodig gaan kry.

Op omtrent die helfte van die staanplek teen die oewer af staan bloekombom­e, maar afhangend van die watervlak kan die bome selfs in die water staan. Die staanplekk­e se oppervlak wissel van gras tot gruisklipp­ies.

Die badkamers het warm water en Boschkop se winkel het basiese kruidenier­sware – enigiets van ys en hout tot braaipakke. Die winkeleien­aars verkoop ook hengelbeno­digdhede en langsaan is ’n drankwinke­l.

Karp staan bo-aan die spesielys, maar jy kan ook groot- en kleinbekge­elvis asook moddervis aan jou hoek kry. Hier is ook swartbaars en kurpers, maar soos ’n mens die Vaaldam ken, is dit meer van ’n vloekskoot om hierdie skaars ouens te vang. Die grootste baber uit Boschkop se water het die skaal op 23kg getrek en die amptelike rekord vir ’n karp staan op 7,6kg.

Bote en waterponie­s is taboe by Boschkop, maar jy mag jou kano, aasboot of klein boot met ’n enjin van nie groter nie as 15 Pk. saambring.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa