Weg! Ry & Sleep

’n Skeppie slaai?

-

Goeie ou vrugterol sorg vir ’n ander dimensie in hierdie pastaslaai – aan dít wat oorbly, kan jy sommer op pad snoep.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 250 g pasta van jou keuse sout en swartpeper na smaak 1 pakkie (100 g) amandelvlo­kkies 1 groenappel 2 selderysto­kkies 1 groen soetrissie 40 g mango- of perskevrug­terol

VIR DIE KERRIESOUS ½ koppie mayonnaise ½ koppie Griekse jogurt 2 eetlepels heuning 1½ eetlepels kerriepoei­er ½ teelepel borrie 2 eetlepels perskeblat­jang 1 eetlepel vars suurlemoen­sap

Só maak jy

1 Kook die pasta volgens die instruksie­s op die pakkie tot gaar. Dreineer en hou dit eenkant.

2 Meng al die bestanddel­e vir die sous goed saam en roer dit deur die pasta terwyl dit nog warm is. Proe en geur na smaak met sout en swartpeper. Laat dit eenkant afkoel.

3 Rooster die amandels in ’n droë pan tot dit ’n liggoue kleur kry – hou maar jou oog daarop, want neute verbrand baie vinnig en word dan bitter. Hou die geroosterd­e neute eenkant.

4 Sny die appel, seldery, soetrissie en vrugterol in blokkies van 5 mm en roer dit deur die pasta. Sprinkel laastens die geroosterd­e amandels bo-oor.

Weg Ry & Sleep sê Om te keer dat die appelblokk­ies bruin verkleur, druk die sap van ’n suurlemoen daaroor uit voor jy dit deur die slaai meng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa