Weg! Ry & Sleep

Hoe wissel ek bande?

-

As jy die maksimum lewensduur uit jou bande wil kry, moet jy hulle gereeld wissel. As jy dit nie doen nie, gaan hulle oneweredig afloop en dan moet jy een van hulle vervang vóór die res. Finansieel gesproke klink dit dalk na ’n aanvaarbar­e plan om hulle een op ’n slag te vervang, maar ’n nuwe band se omtrek is effens groter as ’n ou band s’n en dit kan onnodige spanning op jou voertuig se ewenaars plaas.

As jou bande ’n rigtinglos­e loopvlak het (alkant selfkant) is dit goed dat jy hulle oorkruis roteer. Links voor na regs agter, regs agter na regs voor, regs voor na links agter en links agter na links voor.

Dit is ’n goeie idee om jou noodwiel by die rotasie in te sluit, want hy gaan in elk geval nie vir ewig hou nie, selfs al gebruik jy hom nooit. As jy ’n noodwiel ná 10 jaar die heel eerste keer uit sy bêreplek haal, gaan jy ontdek die rubber is bros en vol krake. Suurstof is rubber se grootste vyand. Selfs al word jou noodwiel deur ’n dop of seiltjie bedek, gaan die lug in die band hom geleidelik van binne af opvreet.

As jou bande ’n bepaalde rotasierig­ting het, kan jy hulle nie kruisrotee­r nie (tensy jy hulle van die wielvellin­gs afhaal) en jy kan hulle slegs links voor na links agter, en regs voor na regs agter wissel.

As jou sportnuts ’n Mariebesku­itjie-noodwiel het, kan hy uiteraard nie by die rotasie ingesluit word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa