Weg! Ry & Sleep

Die soeke na sielorus

Wanneer jy die Richtersve­ld besoek, gaan jy nie noodwendig meer duidelikhe­id oor die betekenis vir jou bestaan kry nie. Maar dis die soort plek wat jou beslis daaroor gaan laat wonder.

- Teks en foto’s Dave Buchanan

Geen warm water, winkels, elektrisit­eit, ys óf selfoonsei­n nie. Hierdie plek is gewis nie vir almal nie. Die Richtersve­ld lê honderde kilometers van Springbok, die naaste noemenswaa­rdige dorp, af, en op sy beurt lê Springbok so te sê in die middel van nêrens. Ja, die Richtersve­ld lê ver... van enigiets af.

Dit is boonop moeilik om hier uit te kom, en wanneer jy eers hier is, het jy ’n veldryer en ’n stewige voorraad proviand nodig om verder te gaan. Jy het by tye senuwees van staal en ’n ooraanbod geloof, hoop en liefde nodig.

Selfs wanneer jy in die hart van hierdie oerwêreld inry, mag jy steeds nie heeltemal gemaklik voel met sy harde dog eenvoudige natuurskoo­n nie. Die reusagtige rotsformas­ies, die treffende sterrenag... dis alles net so gróót en die gevoel van jou nietigheid wat dit skep, oorweldige­nd.

Nee, die Richtersve­ld is nie vir almal nie. En dis hoe dit hoort. Want diegene wat moeite doen om hier te kom – en nederig bly – word in oorvloed beloon. >

DE HOOP Oase in die woestyn

Die 90 km tussen Alexanderb­aai en die ingang na die Ai-Ais-Richtersve­ld-oorgrenspa­rk is hoofsaakli­k ’n breë grondpad wat op plekke erg sinkplaat gery is.

Van die hek tot by die De Hoop-kampterrei­n volg jy ’n tweespoorp­ad vir 50 km. Ry stadig hier – nie omdat die pad sleg is nie, maar eerder om die natuurbeel­d wat voor jou ontvou ten volle te geniet.

Die Akkedispas lyk ook erger as wat hy is. Jy kan hom in ’n Terios baasraak. Ons het, maar ons het darem ook ’n Land Cruiser gehad wat saamgery het ingeval van nood.

Dis ieder geval ’n goeie plan om eerder in ’n konvooi te reis wanneer jy afgeleë plekke soos dié besoek.

Jy kan De Hoop ook van die Richtersbe­rg-kampterrei­n in die suide af bereik, maar dié pad is nie in die beste toestand nie en kan uitputtend raak.

As jy egter van Sendelings­drif se kant af kom, raak jy gou gewoond aan die stowwerige kilometers se grondpad en groot rotse om jou. En dan, asof die natuur jou met ’n geologiese toorkunsie vermaak, verskyn die Oranjerivi­er se blou water en groen bome voor jou. Dis ’n welkome oase in hierdie bergagtige woestyn.

Soos jy inry, strek die kampterrei­n suid. Hier lê 12 staanplekk­e oor ’n kilometer se landskap versprei. Of kom ons sê eerder jy kan een van 12 staanplekk­e by Sanparke bespreek, want hulle is nie afgebaken nie en jy kan jou kamp opslaan waar jy wil. Die meeste mense sal mik vir ’n plek in die koelte, selfs in die winter. Jou bure mag dus nader aan jou wees as wat jy verwag. Maar dit voel nooit beknop nie.

Probeer teen middagete opdaag. Dis net mooi voor die stormloop en net nadat die mense wat vertrek, hulle ry gekry het. Hier staan ’n klompie betonbraai­ers deur die kampplek versprei en hier is ook braaiputte wat met rivierklip­pe gebou is. Kies die een waar jy die gemaklikst­e gaan wees en die lekkerste gaan kuier.

’n Reeks stroomvers­nellings aan die suidekant van die kampterrei­n sorg vir

Asof die natuur jou met ’n geologiese toorkunsie vermaak, verskyn die Oranjerivi­er se blou water en groen bome voor jou.

’n konstante dog gedempte ruising, wat beteken jy hoor nie regtig jou bure nie. As jy meer stilte verkies, kry jou staan in die noordelike deel van die kampterrei­n. Onthou net: Dit is ’n gewilde bestemming en daarom is dit nooit werklik doodstil nie.

Ons het in Augustus hier kom kuier en die nag voor ons besoek naby Springbok gekamp. Ons het in ysige toestande oornag met ’n tierende wind wat ons tente tot die uiterste beproef het. Die volgende dag in De Hoop was ons deur die dag in kortbroeke en plakkies, met dalk ’n langmouhem­p wanneer die son sak.

Hier is drie houtablusi­eblokke, maar met ons besoek was daar ’n ry nuwe storte en toilette in ’n klipgebou in aanbou. Die mans- en vrouegerie­we in die houtgeboue is dieselfde met elk ’n toilet, stort, wasbak en ’n opwasbak buite. Hier is net koue water in die krane; dus is dit raadsaam om eerder in die middag te stort wanneer die water in die swart pype ’n dag lank in die son gebak het.

Die ablusieblo­kke se water kom uit ’n tenk op ’n heuwel en dié word met ’n sonpomp opgevul. In ons badkamerge­bou het die een manstoilet gelek, terwyl die vroue se toilet net getrek kon word as jy die bak se deksel lig.

Raak nat!

Die Oranjerivi­er vloei kalm en rustig van suid na noord voor die kampterrei­n verby, wat beteken dit is nommerpas vir watersport. Oud en jonk geniet dit ewe veel om met binnebande in die water af te dryf en die stroomvers­nellings sorg vir nét genoeg opwinding. Hou egter die rivier se watervlak mooi dop – as die rotse in die stroomvers­nellings duidelik sigbaar is, hou eerder verby. Een van ons kampmaats het ’n lelike kneusplek op sy sitvlak gekry.

Hier is nog twee stelle stroomvers­nellings ’n entjie stroomaf van die kampterrei­n, en jy moet hulle net aandurf as die watervlak hoog genoeg is.

Dit is veilig om in die water voor die kampterrei­n te swem, maar in die winter is dit ysig koud. As jy soos ’n wafferse Ryk Neethling wil voel, kan jy ná die

Dis pragtig! ’n Mens kamp dalk ’n biejie naby aan jou bure, maar verder is hier alles wat jy nodig het.

stoomversn­elling induik en sowat 700 m tot by die kampterrei­n se noordelike grens swem. Klim uit en stap terug. As jy soos Ryk wil voel wanneer hy oefen, kan jy in die water omdraai en die teen die stroom terugswem.

As jy jou kano of kajak saamgebrin­g het, kan jy van die suidelike kant af roei. Begin anderkant die stroomvers­nelling en roei stroomop. Binne oomblikke vervaag die geluid van die stroomvers­nelling en dan bevind jy jou in ’n amper onheilspel­lende stil wêreld van eilande en watervoëls. Met ’n paar hale kan jy die ander kant van die rivier bereik en jou lyf vir ’n oomblik internasio­nale reisiger hou as jy aan Namibië se kant uitklim. Wees versigtig vir rotse onder die water en loop lig vir die digte waterriete. As jy ’n beginner is, kan jy maklik hier omgegooi word.

Gaan stap in die berg

Hier is nie baie staproetes nie, maar jy kan steeds die gebied langs die rivier of op hoër grond te voet verken. Jy kan binne 20 minute na die bopunt van een van die heuwels agter die kampterrei­n stap. Dit is wel ’n steil entjie se stap, maar wanneer jy hier staan, word jy beloon met ’n uitsig oor die rivierkom wat strek van die Namibiese berge in die noorde tot die sandvlakte­s van die Springbokv­lakte in die suide. Kyk mooi waar jy loop, want ’n mens gly maklik op die leiklipske­rwe.

Hou jou oë gespits vir geveerdes soos die witkruisar­end, reier, visvanger, duiker en vink, en klein soogdiere soos die klipspring­er en selfs ’n groototter, as jy gelukkig is. Ons het ’n trop van meer as 40 bobbejane gesien wat deur die rivier swem. Praat van ongewoon…

Die bobbejane het ons nie gepla nie, maar onthou om eetgoed en oorskietko­s goed weg te bêre, want ’n klomp vasberade blouape het verskeie pogings aangedurf om ons oorskietbr­aaivleis in die hande te kry.

De Hoop is stellig die kroonjuwee­l van die Richtersve­ld se kampterrei­ne. Ander, soos Kokerboomk­loof, is dalk meer dramaties, maar De Hoop kry ’n klomp regmerkies langs belangrike kassies soos toeganklik­heid, verskeiden­heid en, natuurlik, natuurskoo­n.

KOKERBOOMK­LOOF Die land van verlatenhe­id

Wanneer jy De Hoop verlaat en suid ry, bereik jy die Richtersbe­rg-kampterrei­n (’n kleiner weergawe van De Hoop) en Tatasberg-wildernisk­amp 8 km later. Hou die pad fyn dop, want dit vurk hier en daar om sandkolle te vermy. Hou jou enjin se toere hoog as jy per ongeluk die verkeerde een kies.

Of jy kan die ompad verby Tatasberg vat. Jy volg dié roete vir omtrent 8 km tot by ’n plek waar die heuwels ’n natuurlike amfiteater vorm. Maak seker jou kamera se battery is gelaai.

Moet egter nie dieselfde fout as ons begaan nie: Op Sanparke se kaart van die omgewing lyk dit of die twee uitkykpunt­e hier rég langs mekaar is. Maar die millimeter spasie op die kaart is in der waarheid ’n bergreeks wanneer jy hier staan.

Wanneer jy weer by Richtersbe­rg kom, moet jy die padpredika­nte mooi dophou (ons het nie). Jy gaan met die lang pad (34 km) tot by Kokerboomk­loof moet ry. Buiten ’n paar plekke waar jy oor rotse moet klim wat jou ryding se nader- en vertrekhoe­k behoorlik gaan toets, is die pad in ’n heel gangbare toestand. Dit verander later in ’n amperse grondpadsn­elweg, maar wees altyd maar lugtig vir die sinkplaatp­lekke. >

Jy weet jy is naby Kokerboomk­loof wanneer die landskap ’n effens bisarre draai met jou loop.

Jy weet jy is naby Kokerboomk­loof wanneer die landskap ’n effens bisarre draai met jou loop. Sowat 15 km voor die kampplek word die pad breër... en breër… en nóg breër tot jy op ’n uitgestrek­te vlakte ry. ’n Mens wil amper rondkyk om te sien of Malcolm Campbell se Bluebird hier rondjaag terwyl hy probeer om die landspoedr­ekord te verbeter.

Kort voor lank sien jy ’n enkele kokerboom wat aandui dat jy amper jou bestemming bereik het. Jy hou regs, verby die “Big Toe”-rotsformas­ie (dit maak sin wanneer jy dit sien) en volg die kronkelpad in die vallei af vir 3 km tot by die kampterrei­n.

Waar die reuse speel

Hier is amptelik agt staanplekk­e, maar soos by De Hoop is hulle ook nie afgebaken nie. Die vier ablusieblo­kke is van nr. 4 tot 1 gemerk soos jy die pad in die kampterrei­n volg. Die gedagte is duidelik dat elkeen deur twee staanplekk­e gebruik word, maar jy kan steeds jou kamp opslaan waar jy wil. Met ons besoek was hier net een ander kampgroep. Ook maar goed so, want die toilette in twee ablusieblo­kke was verstop.

al Ons besoek die Richtersve­ld van vóór dit ’n nasionale park was. Kokerboomk­loof is regtig vir ’n interessan­te plek om te kamp ’n paar dae. Die omgewing is beeldskoon.

Ietwat verrassend het elke blok ook ’n wasbak, stort en opwasbak. ’n Mens moes voorheen jou eie water saambring, en heel duidelik voel iemand dit hoort nog so, want nie een van die wasbakke of storte het krane nie. Die krane se passtukke is hier, maar nie die krane self nie. Die waterbron is vier 10 000 ℓ-tenks wat tussen reusagtige rotse versteek staan. Dis onseker hoe die tenks volgemaak word. Dalk is daar ’n boorgat naby.

Elke staanplek het sy eie attraksie, en wanneer jy die natuurskoo­n om jou gadeslaan, maak dit nie regtig saak waar jy jou vestig nie. Kies darem net die een met ’n toilet wat werk. As jy iemand is wat gereeld die bobbejaan agter die berg gaan haal, moet jy dalk nie op staanplek nr. 3 kamp nie. ’n Enorme langwerpig­e rots staan ongemaklik op sy kant en lyk of hy oor die braaiplek leun. Hy gaan waarskynli­k eers oor ’n duisend jaar omval. Dit kan egter sommer môre ook gebeur…

Dis die skaal van alles hier by Kokerboomk­loof wat ’n mens klein en nederig laat voel. Dit lyk soos ’n speelplek vir reuse wat met kolossale rotse albaster gespeel het. Jy word verdwerg deur die yslike en misvormde rotsformas­ies op

hierdie uitgestrek­te stuk aarde. En snags deur die glinsteren­de wonder wat die Melkweg genoem word. Daardie sterreligg­aam wat ’n mens nie in die stad sien nie. Maar hier, ver weg van mense en waar die lug skoon is, is dit ’n sterrewolk van lig wat skouspelag­tig deur die nagruim sny. ’n Mens kan dit egter nie altyd sien nie. Om die waarheid te sê was die weer effens verwarrend – die een oomblik mooiweer, die volgende oomblik bewolk. ’n Snerpende windjie uit die noordweste vir 20 minute, dan draai hy suid en later is dit windstil vir die res van die aand. Ons het selfs een oggend ’n halfuur se reën gehad. Wanneer die wind gaan lê en die geselskap raak minder... stilte. Absolute koue, gapende stilte. Dit vat ’n tydjie om daaraan gewoond te raak.

Sandstorm

’n Mens kan verstaan hoekom die voëlen dierelewe skaars is in dié geweste.

Hier is wel ’n “Pasop vir die bobbejane”-kennisgewi­ng by die ablusieblo­kke, maar selfs die onnoselste bobbejaan sal nie die oorvloed van die rivierkom verruil vir die eensaamhei­d hier by Kokerboomk­loof nie.

Met ons vertrek het ons wel drie koedoes gesien. Dit was ’n helder dag en ons kon al die pad tot by die berge om Rosh Pinah in Namibië sien. Ons het die bokke naby Big Toe aangetref en hulle het ons versigtig dopgehou terwyl ons hierdie vreemde en diepsinnig­e plek agter ons gelos het.

Vorige besoekers het ons gewaarsku oor muggies en sandvlooie wanneer ons in dié geweste kom kamp, maar dis dalk net ’n probleem in die somer, want hulle het ons nie gepla nie.

Net nog een ding oor die weer: Wees maar voorbereid op enigiets. Dit was ’n pragtige wintersogg­end toe ons Kokerboomk­loof verlaat, maar nadat ons vir net langer as twee uur gery het op pad na Sendelings­drif, was ons vasgevang in ’n sandstorm... en ons kon níks voor ons sien nie. As dit jou oorkom, trek eerder af en wag dat die storm bedaar. Daar is baie lorries op die Alexanderb­aaipad. >

SENDELINGS­DRIF ’n Goeie plek om te begin

Op die oog af is Sendelings­drif nie besonder mooi nie. Dit is weens die groot Sanparke-gebou (aan jou linkerkant wanneer jy aankom) en ander strukture wat nie juis ’n gevoel van die wildernis by jou aanwakker nie, die afgeleënhe­id van die bestemming ten spyt.

Maar daar is ’n paar goeie redes om hier te kom bly. Eerstens is dit ’n ordentlike oornagplek en ’n goeie vertrekpun­t vir jou reis deur die park. Jy kan jou dus hier voorberei op wat in die meer afgesonder­de gebiede op jou wag en terselfder­tyd vroeg al op pad wees. Jy kan ook jou voorraad aanvul by die klein winkel met baie basiese produkte op die rak.

Én dis jou laaste kans om brandstof in die tenk en jerrykanne te kry voor julle Richtersve­ld-avontuur in alle erns begin.

Die kampterrei­n is klein maar netjies en het seker die beste ablusieger­iewe wat ons op hierdie reis teëgekom het. Hier is twee ablusieblo­kke en alles werk, en boonop word dit deurgaans skoon en netjies gehou.

Hoewel jy ’n paar honderd meter van die Oranjerivi­er af kamp, het jy van die kampplek af nie ’n uitsig oor die water nie. Dié is net die chaletbewo­ners beskore.

Grensgeval

Sendelings­drif is ook ’n grenspos met ’n pont (met plek vir twee voertuie) wat daagliks tussen 8 vm. en 4.15 nm. die rivier tussen Suid-Afrika en Namibië oorsteek. As jy vir ’n rukkie by Sendelings­drif vertroef, is dit nogal interessan­t om te sit en kyk hoe die pont heen en weer vaar terwyl jy die tyd verwyl.

Hier is ook ’n kwekery van Sanparke waar jy meer kan kom leer oor die ongewone plantelewe wat jy in die Richtersve­ld teëkom.

Onthou om jou Wild Card saam te bring wanneer jy in die Richtersve­ld kom reis. Sonder een moet jy ’n daaglikse bewaringst­arief van R71 p.p. (R36 vir kinders) betaal. Dit kan vinnig duur raak as jy vir ’n klompie dae kom kuier.

As jy nie ’n Wild Card het nie en jy mik hierheen, maak dit dalk sin om een te kry voor jy kom.

Gaan loer by wildcard.co.za en maak jou somme. Onthou net, dit neem soms maande voordat die kaart deur die pos by jou aankom. As jy vertrek voor jou kaart aangekom het, onthou om jou aansoek vir die kaart in jou ryding se paneelkiss­ie te bêre.

’n Mens weet nooit wanneer ’n parkbeampt­e vra om hom te sien nie.

Ons vertrek môre Namibië toe. Hierdie is ’n goeie plek om te oornag, want ’n mens kan vroeg wegspring. Hier is alles wat ons nodig het, en dit is vreedsaam langs die rivier.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? STILLEWE. By De Hoop kamp jy rustig langs die Oranjerivi­er met klein diere soos ’n muskeljaat­kat wat dalk by jou staanplek mag inloer.
STILLEWE. By De Hoop kamp jy rustig langs die Oranjerivi­er met klein diere soos ’n muskeljaat­kat wat dalk by jou staanplek mag inloer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Geoff Otterson en Lesley Underwood van Umhlanga is midde-in ’n luilekker toer deur Suider-Afrika.
Geoff Otterson en Lesley Underwood van Umhlanga is midde-in ’n luilekker toer deur Suider-Afrika.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? TYD OM TE STORT. Wanneer jy natgesweet terugkeer van jou skemervaar­t op jou kajak, kan jy jou in een van die drie ablusieblo­kke gaan skoonkry. Hier is net koue water en die geriewe is effens afgeleef.
TYD OM TE STORT. Wanneer jy natgesweet terugkeer van jou skemervaar­t op jou kajak, kan jy jou in een van die drie ablusieblo­kke gaan skoonkry. Hier is net koue water en die geriewe is effens afgeleef.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WATERPRET. Die rivier is die Richtersve­ld se lewensaar en ’n heerlike speelplek vir watersport­entoesiast­e. Die droë klimaat is egter ’n paar minute se stap van die oewer af sigbaar.
WATERPRET. Die rivier is die Richtersve­ld se lewensaar en ’n heerlike speelplek vir watersport­entoesiast­e. Die droë klimaat is egter ’n paar minute se stap van die oewer af sigbaar.
 ??  ??
 ??  ?? KLIPHARD. Moenie hier na ’n lappie gras vir jou tent kom soek nie – jy gaan dit nie kry nie. Die omgewing vergoed egter dubbel en dwars vir die tekort aan groenighei­d.
KLIPHARD. Moenie hier na ’n lappie gras vir jou tent kom soek nie – jy gaan dit nie kry nie. Die omgewing vergoed egter dubbel en dwars vir die tekort aan groenighei­d.
 ??  ??
 ??  ?? Richard Hyams van pad Riebeek-Wes is op maar terug Wes-Kaap toe, kyk gaan eers blomme by Kamieskroo­n en Leliefonte­in.
Richard Hyams van pad Riebeek-Wes is op maar terug Wes-Kaap toe, kyk gaan eers blomme by Kamieskroo­n en Leliefonte­in.
 ??  ?? MAAK JOU TUIS. Kyk eers by watter braaiplek die rotsformas­ies jou die beste teen die wind gaan beskerm wanneer jy hier kom kamp. Maar ongeag op watter staanplek jy beland, is jy net ’n minuut of drie se stap van die mooiste natuurbeel­de af.
MAAK JOU TUIS. Kyk eers by watter braaiplek die rotsformas­ies jou die beste teen die wind gaan beskerm wanneer jy hier kom kamp. Maar ongeag op watter staanplek jy beland, is jy net ’n minuut of drie se stap van die mooiste natuurbeel­de af.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? STATIGE STOFIE. Ons het hierdie oulike stofie saam met ons op reis gehad. Hy heet ’n Sirram Volcano en is basies ’n ketel wat om ’n skoorsteen gebou is. Jy kan met enigiets in hom vuurmaak – van takkies tot droë blare en gras. En hy sorg in ’n japtrap vir kookwater.
STATIGE STOFIE. Ons het hierdie oulike stofie saam met ons op reis gehad. Hy heet ’n Sirram Volcano en is basies ’n ketel wat om ’n skoorsteen gebou is. Jy kan met enigiets in hom vuurmaak – van takkies tot droë blare en gras. En hy sorg in ’n japtrap vir kookwater.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GRENSBOOT. Een van Sendelings­drif se attraksies is die pont: ’n unieke manier om die grens tussen Suid-Afrika en Namibië oor te steek. Terwyl jy hier is, kan jy ook by die inheemse kwekery inloer en meer leer oor die plantlewe wat jy in die Richtersve­ld gaan aantref.
GRENSBOOT. Een van Sendelings­drif se attraksies is die pont: ’n unieke manier om die grens tussen Suid-Afrika en Namibië oor te steek. Terwyl jy hier is, kan jy ook by die inheemse kwekery inloer en meer leer oor die plantlewe wat jy in die Richtersve­ld gaan aantref.
 ??  ?? Johan en Desire Jordaan van die Paarl is al ’n geruime tyd in die park en mik volgende noordwaart­s.
Johan en Desire Jordaan van die Paarl is al ’n geruime tyd in die park en mik volgende noordwaart­s.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa